Op Henry se Hart | Augustus 2021

Raak betrokke

As ons kyk na die misdaadsyfers wat verlede week deur die minister van polisie, Bheki Cele, bekend gemaak is, is dit duidelik misdaad in ons land is buite beheer. Die vorige 59 mense wat per dag vermoor word, het nou gestyg na 64 as ons werk op die polisie se statistiek van 5 760 moorde gedurende 1 April tot 30 Junie. Dit gaan waarskynlik in die volgende kwartaal styg wanneer die onlusstatistiek verwerk word.

Daarom is dit duidelik dat boere verseker baie meer betrokke sal moet raak by misdaadvoorkoming. Boere moet inskakel by plaaswagte en -strukture en moet voldoende opleiding ondergaan om nie net hulleself nie, maar ook hulle gemeenskappe te beskerm.

Verder moet alle misdaad gerapporteer word. Veediefstal word nie gerapporteer nie en daarom lyk dit nou volgens die polisie se statistiek asof daar ‘n daling in die voorkoms van hierdie misdaad is. Ons weet veediefstal ruk hande uit. Dit help nie ons sit met die probleem maar rapporteer dit nie, want dit trek die syfer heeltemal skeef.

Lede moet hulle paraatheid en veiligheid opskerp. Moenie uitgelok word en dan dom foute maak nie. Tree op as deel van ‘n struktuur.

As jy nou nog nie deel is van ‘n struktuur nie, wanneer gaan jy dan nou betrokke raak? Wanneer gaan jy deel word van jou plaaswag, jou boerevereniging?

Ek sê altyd – en ervaar dit self – dat net 10% van ons boeregemeenskap betrokke is by strukture, die plaaswag, die boerevereniging. Maar, die oorblywende 90% trek ook die voordeel van hierdie betrokkenheid. Die 10%-groep word egter al hoe meer kwesbaar en uitgebrand. Daarom is dit so belangrik dat alle boere by die strukture moet inskakel.

Ons is ook baie dankbaar teenoor dié SAPD-lede wat hard werk en probeer om ons boere by te staan en te beskerm.

Op ‘n ander noot… wens ons lede sterkte toe met die nuwe plantseisoen. Ons is bewus dat boere sukkel om kunsmis in die hande te kry. Die prys daarvan het ook die afgelope ruk uitermatig baie gestyg en is tot R2 000 per hektaar duurder as voorheen.

Daarom het TLU SA met verskeie kunsmisverskaffers onderhandel om vir ons lede afslag te bewerkstellig. Kyk gerus na hierdie bydrae oor een van die verskaffers. Kontak gerus vir TLU SA om uit te vind hoe jy afslag kan kry.

En laastens sien ons daarna uit om al ons lede en affiliasies tydens die jaarlikse kongres te sien. Op 1 September laat ons landbou leef!

 

Groete, Henry

 

 

Foto | Hannah Busing on Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.