Op Henry se Hart | Augustus 2022

Misdaad in Suid-Afrika is buite beheer. Die vlak van geweld en die wreedheid wat met die misdade gepaardgaan is skrikwekkend en onrusbarend.

Na aanleiding van die misdaad-statistiek wat onlangs bekend gemaak is, sien ons gemiddeld 69 moorde per dag in ons land.

Veediefstal wys afname, maar dit is omdat veeboere vertroue in die polisie en howe verloor het. Sake word eenvoudig nie meer aangemeld nie. Tans sit ons met 20% rapporteringsyfer! TLU SA doen ’n beroep op boere om wel asseblief diefstalle en misdaad in die algemeen aan te meld.

Sedert die ontmoeting in Parys om te vergader oor die landelike veiligheidstrategie was daar min tot geen vordering gewees nie. Realiteit is dat daar nie die nodige hulpbronne is om die plan behoorlik uit te voer nie. TLU SA het ’n verteenwoordiger op die komitee wat by die beraad gestig is. Ons sal deurentyd lede op hoogte hou soos daar verwikkelinge is.

Vir nou doen ek ’n beroep op boere om verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid te aanvaar. Skakel in by jou plaaslike plaaswag en moet nooit ooit te trots wees om jou mede-boere vir hulp te vra nie. Aktiveer jou plaaswag wanneer nodig. Dit is uiterse geweld en marteling wat plaasaanvalle en -moorde gepaardgaan. Wees asseblief versigtig!

Foto: niu niuUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.