Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Op Henry se Hart | Desember 2021 Maandag | 13 Desember | 2021

Wat ’n jaar was dit nie vir ons as Suid-Afrikaners. Daar is nog net ’n paar weke oor en dis nou vasbyt-tyd.

Ofskoon ons almal nodig het om af te skakel en ons batterye te herlaai, moet asseblief nie jou en jou geliefdes se veiligheid agterwee laat nie. Maak seker jou veiligheid en sekuriteit is opgeskerp en moenie slap lê in jou pogings nie.

’n Vinnige kyk na wat die afgelope weke gebeur het: OSV is op die ys, maar ons sal doelgerig bly in ons strewe om privaatbesit te beskerm; en ons het groot dankbaarheid vir die goeie reëns wat landwyd geval het.

Met die oog op 2022 wens ek alle boere goeie oeste, baie kallers en lammers, en goeie pryse (ten spyte van die hoë insetkoste). Seën en voorspoed vergesel jou en jou gesin en naastes.

Vir nou dan… Geseënde Christusfees saam met jou familie en vriende.

 

 

Foto: Olya KobrusevaPexels