Op Henry se Hart | Desember 2022

Die afgelope jaar was omtrent propvol. Dit het sekerlik meer as een keer gevoel asof dinge uit hul nate bars! Met God se genade en seën het ons egter die einde van nog ’n jaar bereik.

Ek wil aan elke boer wat vanjaar weer alles uitgehaal het vir sy/haar medeburgers baie dankie sê. Dit was nie maklik nie, maar julle het vasgebyt. Om boer te wees is ’n roeping… Sterkte nog met al die werk wat in Desember gedoen moet word.

Wat veiligheid betref: Wees asseblief ekstra waaksaam en moenie verslap nie. Dit is ’n spesiale tyd van die jaar, maar daar is dié daar buite wat opportunisties is en van ons familietyd wil gebruik maak om misdaad te pleeg. Maak seker jy is voorbereid vir al die kragonderbrekings as dit by jou veiligheidstoerusting kom.

Seën vir die Feestyd en alles van die beste vir die begin van Januarie 2023.

 

Foto |  Kelly SikkemaUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.