Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Op Henry se Hart | Maart 2021 Saterdag | 27 Maart | 2021

Die negatiwiteit in ons land weens misdaad, korrupsie, die ineenstorting van infrastruktuur, werksverliese, ‘n sukkelende ekonomie en rasse-agenda van die regering, om maar ‘n paar te noem, kan veroorsaak dat ons maklik moedeloos raak. Daar is egter soveel positiewe dinge wat ons steeds elke dag ervaar en met die fokus eerder daarop, kan ons steeds elke dag reikhalsend uitsien om ons kultuuropdrag uit te voer.

Ons ervaar daagliks hoe ons ten spyte van alles, steeds geseën word met talente en geleenthede. Landbou is seker een van die mees edele beroepe en dis ‘n voorreg om deel daarvan te wees. Wanneer dit soms baie druk gaan, is daar eintlik net een antwoord en dit is om te weet dat God steeds in beheer is. Soos ons in ons grondslag uitstippel, is TLU SA se fondament ons geloof in die Drie-enige God. Met dit as vertrekpunt, kan ons met trots vorentoe kyk en help om ‘n toekoms te bou.

Hou moed vriende!

Groete,

Henry Geldenhuys

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons