Op Henry se Hart | Oktober 2023

Planttyd is steeltyd.

Boere moet tydens hierdie planttyd seker maak dat produkte soos kunsmis, diesel, saad en chemikalieë nie gesteel word nie. Maak seker dat jy jou produkte op ‘n veilige plek bewaar tydens hierdie tyd, sodat daar nie onnodige verliese gelei word nie.

Veediefstal en plaasaanvalle.

Veediefstal en plaasaanvalle neem ook toe tydens hierdie tydperk van die jaar, en daarom is dit belangrik vir alle lede om hul waaksaamheid te verskerp gedurende hierdie tyd. Indien lede enige vreemde geluide hoor, moet hulle asseblief nie alleen gaan ondersoek instel nie, maar eerder die plaaswag aktiveer. Dit is ook belangrik om saam te staan gedurende hierdie tydperk. Wees gereed om jou buurman te help in tyd van nood.

Majuba-Boerevolktrust.

“Die Majuba-Boerevolktrust is ‘n trust wat die gedenkplek Majuba kragtens die trustakte wil behou en uitbou vir die gebruik deur die Boerevolk as ‘n waardige monument van die Slag van Majuba van 27 Februarie 1881.” – Majubaberg.

TLU SA is uitgenooi as mede-aanbieder en gasheer vir die Majubafees wat plaasvind op 24 – 26 Februarie 2023. TLU SA nooi dus alle lede uit om deel te neem aan die kampnaweek en die Majubafees te ondersteun. Enige lede wat as vrywilligers wil optree gedurende die naweek deur te help met hekdiens of terreinskoonmaak, word ook versoek om kontak te maak met Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder op 082 466 4470 of hb@tlu.co.za.”

 

Groete,

Henry

 

Foto: Pexels

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.