Op Henry se Hart | September 2023

Die nuwe plantseisoen het pas vir baie van ons lede afgeskop en lê nou voor vir ander. My wens is dat elkeen van ons lede ‘n voorspoedige plantseisoen sonder teëspoed sal beleef.

Hoë insetkostes speel ‘n groot rol, veral met dieselprys wat gereeld gestyg het. Ek hoop dat ons saaiboere genoeg reën sal kry en geseën sal wees met suksesvolle oeste. Daar is sprake van moontlike droogte in die najaar wat beteken lede moet voldoende navorsing doen en vroegtydig plant.

Plant met geloof, dit is slegs die Here wat hierdie oes vir ons kan deurdra. As mense is dit vir ons onmoontlik om die uitkoms te bepaal, en daarom is ons intens bewus van ons afhanklikheid van die Hemelse Vader.

TLU SA vra al ons geloofsvriende om saam te bid vir voorspoed en seën vir elke boer.
Planttyd is, soos elke jaar, weer ‘n gulde geleentheid vir diefstal van verskeie hulpbronne van chemikalieë, brandstof, kunsmis tot saad. En verder weer veral groenmielies wat onder diefstal deurloop. Boere moet hul eiendom en voorrade behoorlik beveilig om die verliese so laag as moontlik te hou.

Soos die einde van die jaar nader, is die aanhoudende aanvalle op ons boere en hul gesinne weer aan die toeneem. Ons beklemtoon weer die belangrikheid van betrokkenheid by u plaaslike gemeenskapstrukture en veiligheidsforums of -groepe, en om alles moontlik te doen om uself en u gesin op plase in Suid-Afrika te beveilig.

Van my kant af bedank ek elke boer vir sy bydrae om ‘n produk op die mark te sit vir die res van Suid-Afrika se mense.

Groete,
Henry

 

Foto: Sandie Clarke | Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.