Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Plaaslike regering belasting Donderdag | 02 April | 2020

By die meeste Plaaslike Owerhede behoort die 2021/22 IDP (Geïntegreerde Ontwikkelingsplan) nou reeds beskikbaar te wees, neem asb. deel aan hierdie proses. Aanvullende Waardasierolle behoort ook teen die tyd al beskikbaar te wees. Kyk op die spesifieke plaaslike owerheid se webblad.

Maak seker dat die eiendom se klassifikasie korrek is, naamlik dat dit vir landbougebruik aangedui word. Indien die klassifikasie byvoorbeeld verander word na besigheidsdoeleindes, sal die tarief ook verander en moontlik verhoog.