Plaaslike Regering | Die verkiesing

Die verkiesing is vasgeskryf in die geskiedenis van die land, uittredende raadslede het hul finale take voltooi en die nuwe raadslede is ingelyf, opgelei en aktief in die portefeuljes soos aangewys.

Beloftes is gemaak tot aanloop van die verkiesing en is die grootste enkele kwessie verseker korrupsie en bedrog wat die hoogty vier in die plaaslike regering tans. Die hoof rolspelers het hul gewig ingegooi om ook op hierdie vlak inspraak te lewer oor die algehele chaos wat op plaaslike regering vlak heers. Die ANC het die normale politieke praatjies, maar of hulle wel binne die kader-ontplooiing die probleem sal kan uitsorteer of eerder wegruim, is ’n ope vraag. Die DA het definitief ’n plan op die tafel, maar die poste is reeds so deur kader-ontplooiing gevul dat dit in werklikheid ’n tsunami sal veroorsaak om al die korrupte amptenare te verwyder. Die EFF weet slegs van politieke gesindheid – volgens die party moet die kontrakteurs aangespreek word. Die gesindheid om weg te beweeg van die werklikheid oor die amptenare in die plaaslike regering, kan gesien word dat die werklikheid nie aanvaar word nie.

Daar lê ’n baie groot taak op die nuwe raadslede wat reeds binne die volgende maande ’n ontwikkelingsplan en begroting aan die publiek moet lewer wat in werklikheid ’n ooreenkoms is oor die take wat onderneem sal word. Dit beteken die beloftes wat dan eintlik nagekom moet word. Of die nuwe besems wat in die kas geplaas is, hierdie taak suksesvol sal kan opneem, is ’n ope vraag en kan daar slegs in die bekendstelling van hierdie dokumente die algehele prentjie gesien word.

Daar is ’n ernstige beroep op elke inwoner van die land om betrokke te raak by die ontwikkelingsplan en begroting van die munisipaliteite. Dit is elke inwoner se belastinggeld wat daar verkwis word. Jy as inwoner moet jou stem ook daar laat tel om deel te wees van die besluite oor wat met jou geld gedoen word.

Verder wil ons ook ’n beroep doen op elke grondeienaar om kennis te neem van die waardasierol wat moontlik onderneem word, hetsy algemeen of aanvullend. Dit is die basis van eiendomsbelasting en moet die waarde daarvan nie onderskat word nie.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.