Plaaslike Regering | Januarie 2023

Op 22 November 2022 het die Departement van Watersake en Sanitasie per staatskoerant 47558 sy voorlopige Water en Sanitasie dienste beleid op eiendom in privaat besit bekend gemaak. In die aanloop van die dokument is stam en kommunale eiendom ingesluit by die verklaring wat privaatbesit eiendom uiteensit hoewel die toepassing verder in die dokument geensins sigbaar is nie.  

Die basis van die dokument is gegrond : Die inwoners in die land wat op privaateiendom werk en bly het dienste nodig! Hulle is van alle waardigheid ontneem weens die haglike toestand waarin hulle moet leef en werk. So in die kies word daar darem vermeld daar was nog nooit ‘n sensus of opname onderneem om die vlak van dienste aan inwoners en werkers van privaateiendom te bepaal nie. Die sogenaamde dienste wat vermeld word sluit in sanitasie, basiese watervoorsiening en dienste wat daarmee gepaard gaan. As hierdie aspek mooi besin word, is die eerste gedagte – maar is dit nie die plaaslike munisipaliteit se plig soos duidelik uiteengesit in die Grondwet nie?  Of het die regering uiteindelik besef dat die munisipaliteite heeltemal ineengestort het wat dienste betref.  

In die omskrywing word die kommersiële boer spesifiek uitgelig, maar daar moet ook kennis geneem word dat die begunstigde van ‘n grond hervorming hierby uitgesluit is. Dan laat dit enige regdenkende persoon wonder wat maak hierdie grond hervorming begunstigdes op hul eiendom as hulle uitgesluit is – het hulle aksies wat gedryf word met werknemers en inwoners en wat van hierdie mense se waardigheid? Word hulle nie ook geraak nie of is hulle eweneens nou nie meer deel van die inwoners en werkers sodra jy vir ’n grondhervorming begunstigde begin werk nie.

Verder in die dokument word daar wel melding gemaak dat Kommunale eiendom assosiasies word ingesluit – hierdie assosiasies wat gestig word wanneer ’n stam eiendom verkry deur die herstel van regte. Wat is dan eintlik die verskil tussen ’n grond hervorming begunstigde en ’n kommunale eiendom assosiasie? Die basis is presies dieselfde – maar die regering het sy eie mening. Die begunstigde van grondhervorming is so pas van waardigheid beroof en diskriminasie word toegepas deur sy eie regering waarvoor hy so gretig gestem het om eiendom te bekom op welke eerlike wyse ook al.

Verder word daar geensins in ag geneem maar die grondeienaar van privaatbesit is mos ook ’n inwoner en wat van sy regte tot dienste?

Daar word melding gemaak van ’n interim water en sanitasie diens wat deur ’n water dienste verskaffer voorsien kan word. Meneer die privaateiendom eienaar – dit is jy aangesien dit insluit enige persoon kan hierdie taak verrig. Daar word darem so effens melding gemaak van die diens kan vrywilliglik onderneem word, maar hiermee word jy gewaarsku – moet nie te gemaklik agteroor sit nie.

Die dokument wys daarop dat die grondeienaar ’n verpligting het teenoor sy werknemers en hul familie wat op sy eiendom bly om dienste te lewer. Elke boer besef hierdie verpligting en word daar binne die beskikbare hulpbronne wel dienste gelewer en in die meeste gevalle is dit nog gratis terwyl opgeblaasde minimum lone betaal word vir halfgeskoolde of ongeskoolde arbeid wat nêrens anders in die arbeidsmark welkom is nie.  Meneer die grondeienaar as jy nou agteroor sit en dink hierdie is mos nie ’n probleem nie, ek voldoen aan hierdie vereiste, dan vra ek jou lees asb. verder. Daar is altyd versteekte agendas agter alle planne van die regering!

Die regering verstaan sy verantwoordelikheid en wil ewe graag hierdie dienste lewer. Maar, daar is ’n ernstige probleem vanuit sy siening dat infrastruktuur en ontwikkeling op eiendom onder privaatbesit darem nou geensins gedoen kan word nie – al is dit vir die waardigheid van die inwoners. Die oorweging word geskenk om ’n serwituut te registreer op die eiendom deur die regering, maar nee, dit kan darem ook nie werk nie. Hulle is van mening hierdie sal te veel waarde toevoeg tot privaateiendom. Die feit dat die internasionale waardasie standaard reeds uitgewys het ’n serwituut is slegs verswarend op ’n eiendom in terme van waardasie, word geensins in ag geneem nie. Wat die regering kan oorweeg om ingesluit te word in die serwituut word ook geensins bespreek nie. Slegs ’n opmerking met soveel verswarende omstandighede vir die staat dat jy as grondeienaar tog asb. nie die opsie moet oorweeg nie. Hoe durf jy?

Die bewoners en werkers op privaateiendom moet dan ook verder behoorlik ingelig word deur die ontwikkeling en implementering van riglyne met norme en standaarde wat deur publieke deelname aan werknemers en inwoners van privaateiendom gekommunikeer sal word. Jy meneer die grondeienaar, sal volgens die dokument slegs “in kennis gestel word” van hierdie inligting. Jy het so pas as grondeienaar die reg verloor om staat te maak op publieke deelname waar jou regte en verpligtinge vir die wolwe gegooi word. Die strategiese beloftes aan kiesers is nog steeds aan die orde van die dag.

Waar jy as grondeienaar nou moontlik die waardigheid van jou werknemers wil verhoog na ’n vlak buite dit wat reeds gebied word, moet jy asb. onthou hierdie ontwikkeling moet voldoen aan die Omgewingswetgewing en moet die nodige omgewing impak assessering gedoen word volgens die NEMA regulasies. Hierdie studies is nie gratis nie. Daar word ook so terloops melding gemaak dat jy as grondeienaar nie moet vergeet van die permit of lisensies wat jy moet verkry nie.

Die regering is van mening dat die leser van hierdie dokument tog ook moet verstaan dat die lewering van hierdie dienste werkskepping insluit. Daar is geen inagneming van ekonomiese ontwikkeling nie.  Gesonde besigheidstegnologie is van geen bydraende faktor nie.  

En hier is die kruks van die hele redenasie van die regering wat jou as privaatgrondeienaar so bietjie meer van jou stoel moet lig. Die dienste wat gelewer moet word aan jou inwoners en werkers moet deel uitmaak van jou waterregistrasie vir besproeiing en is dit ’n voorwaarde voordat enige goedkeurings toegestaan sal word.  En daar vlieg vrywillige deelname so pas by die voordeur uit!  

Het jy gedink jy het beskerming op jou eiendom?  O, nee, die aanslag gaan verder. As hierdie dienste op jou eiendom bestaan moet die regering vrye reg gegun word om die eiendom te besoek om hierdie dienste te ondersoek en daar bepaal word dat jy aan die minimum vereistes voldoen.  Dat die regering beskerming van sy inwoners reeds prys gegee het deur die verslapping van wetstoepassing op oortreders, is geensins ’n faktor wat in ag geneem word nie.    

Dan word daar verder gegaan – hoe kan ’n inwoner en werker so ’n diens ontvang as daar nie sekerheid is van verblyf nie.  Om hierdie sekerheid ten volle te bevestig, moet inwoners en werkers op privaateiendom se besitreg gevestig word deur die eiendom op hierdie werker of inwoner se naam te registreer. In die aanvang van die dokument het dit gefokus op dienslewering wat nou heeltemal geswaai word na besitreg aan werkers of inwoners.

Daar is darem ’n effense aansporing soos ’n wortel wat voor die neus van die privaatbesitreg eienaar gehou word. Omdat jy so ‘n pligsgetroue inwoner is, sal die regering dit oorweeg om ’n rabat toe te staan op jou verpligting van eiendomsbelasting.  Jy plaaseienaar, jy het nog nooit dienste ontvang van die munisipaliteit nie en jy ontvang ook nie enige ontwikkeling nie, want jy val buite die spektrum van die beloftekring, maar jy befonds die munisipaliteit met eiendomsbelasting jaar na jaar sonder enige voordele waarop jy eintlik reeds ’n rabat moes ontvang het, want jy staan met jou beursie voor die bakhand van die regeringsamptenaar sonder voordele, slegs nadele.  Maar onthou, werk nou vir die regering en ons kan dit oorweeg. Dit is uiters voorbarig vir die Departement Watersake en Sanitasie om hierdie beloftes te maak wat direk ’n invloed het op die begroting van ‘n munisipaliteit sonder om die impak daarvan te oorweeg.

O, ja meneer grondeienaar, jy moet ook asb. seker maak dat hierdie water aan die nodige kwaliteit voldoen. Die Departement Watersake en Sanitasie kon in die jaar 2022 geensins aan die Blue Drop vereistes voldoen nie met 60% van die water voorsiening sisteme wat geensins aan die mikrobiologiese standaard voldoen nie en 77% voldoen nie aan die chemiese standaard nie. Dan meld ons nie eers van die 60% van SA se afvalwater-behandelingsisteme wat in ’n uiters swak tot kritiese staat verkeer nie. Maar jy, grondeienaar, jy moet aan alle vereistes voldoen. Daar bestaan geen lei deur voorbeeld  by die regering nie. Verder is daar die melding van die daarstel deur die grondeienaar die berekeninge van volume gebruik wat geïmplementeer moet word. Wie vir hierdie meters en werk verantwoordelik gaan wees, word geensins gemeld nie.  

Die regering poog om onder die vaandel van dienste wat vrywilliglik onderneem moet word deur die eienaars van privaat besit eiendom ’n beleid te implementeer wat elke grondeienaar onder ’n verpligting plaas.  Dit is altyd skokkend dat ’n vrywillige deelname skielik onder ’n beleid geïmplementeer en afgedwing moet word.

 

Foto Tierra MallorcaUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.