Die program Plaaspraatjies word elke Woensdag om 11h00 op TLU SA se YouTube-kanaal uitgesaai.
Henk van de Graaf het die afgelope maand met die volgende interessante gaste gesels:
- Felix Reinders van die Landbou Navorsingsraad oor besproeiing en die gepaardgaande tegnologie en die belangrikheid van besproeiing in voedselproduksie;
- Professor Koos Malan van die Universiteit van Pretoria rakende die totale krisis wat die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika tot gevolg gehad het;
- Bennie van Zyl en Genl. Chris van Zyl oor misdaadstatistiek en TLU SA se virtuele staptog teen plaasaanvalle en -moorde; en
- Bennie van Zyl het gesels met Floris Booysen, Hendrik Botha van die Potgietersrus DLU en Drickus Botha, die Streekbestuurder van TLU SA Noord oor die Naboomspruit Stopplaasmoorde-Optog na die aanval op Oom Alwyn van Zyl.