Na ’n tydperk van ses jaar wat Henri Combrink as direkteur op die Pretoria Boeremark se direksie gedien het, het hy as direkteur die amp neergelê. Ons wil graag ’n woord van dank teenoor hom rig vir sy onbaatsugtige diens. Prof. Koos de la Rey is deur die UK aangewys as direkteur in die vakature wat ontstaan het op die direksie. Ons wil graag baie dankie sê vir prof. Koos wat hom bereid verklaar het om te kom dien. Sy kundigheid sal ’n groot bydrae lewer tot die Boeremark se direksie.



