SARS…ongelyke speelveld

Vuisvoos belastingbetalers word gewetenloos verder en verder beroof van hul geld. SARS het omvorm na ’n baie effektiewe geldinvordering-masjien. Wanneer SARS die belastingbetaler wel geld skuld of foute moet regmaak aan sy kant verander die masjien in ’n handploeg. ’n Handploeg waarvan die arbeider al te gereeld met middagete of teetyd is.

Indien jy die kliëntediens skakel hou jy aan van lentetyd tot persketyd. Dis nou benewens die feit dat ondermeer Vrydagmiddag ’n slegte tyd is om te probeer iemand in die hande kry. Dieselfde geld vir elke dag na 15:45.

Die Belasting Administrasie Wet (Tax Administration Act) het gedurende 2011 in werking getree. Sommige mense het verwys na “drakoniese magte” wat deur hierdie wet verleen is aan SARS. Hierdie wet reguleer die administrasie rondom belastingprosesse.

Dit maak ondermeer voorsiening dat SARS self uit die belastingbetaler se rekening die geld mag onttrek – ongeag of jy saam stem met die bedrag.  Hulle noem dit die ‘pay now argue later” beginsel. Hierdie gebeur al te dikwels op ’n hoogs ongeleë tyd, byvoorbeeld ’n Vrydagmiddag. Aksies soos hierdie het ondermeer al veroorsaak dat ’n konstruksie maatskappy nie die weeklikse lone kon betaal vanuit die maatskappy nie. Dit het gebeur nadat daar aansoek gedoen was by SARS vir afbetalingsreëlings en die aansoek se betalings stiptelik gemaak is. SARS se enigste reaksie op hierdie klagte was ’n stelling – “at least it is paid now”.

Die krisis rondom hierdie gedrag is dat jy nog saad bestel en gereed maak vir plant en as jy jou oë uitvee, is die geld om vir die saad en diesel te betaal skoonveld.

Dis nou meer as ooit krities om te verseker dat alle opgawes tot op datum ingedien is. SARS mag ’n aanslag uitreik volgens sy eie skatting indien daar nie ingedien word nie. Verder word daar administratiewe boetes gehef vir laat indiening. Dit geld steeds, al dryf die maatskappy nie handel nie. Hierdie kan baie vinnig ’n aardige bedrag raak. Boetes word bereken volgens die aangeslane verlies of belasbare inkomste. Dit varieer tussen R250 en R16 000 per maand. Indien jy glad nie handel gedryf het nie is dit steeds R 250 per maand. Dit is krities om te onthou dat SARS ook hierdie gelde net uit jou bank kan neem.

Voorbeeld:

Belastingjare 2020 en 2021 is uitstaande. Jou boetes op die SARS staat sal dus as volg lyk vir elke maand:

Maand Wat is agterstallig Boete Saldo
Januarie 2022 Agterstallige opgawe 2020

Agterstallige opgawe 2021

R250

 

R250

 

R500

Februarie 2022 Agterstallige opgawe 2020

Agterstallige opgawe 2021

R250

 

R250

 

R1 000

Maart 2022 Agterstallige opgawe 2020

Agterstallige opgawe 2021

R250

 

R250

 

R 1 500

 

In totaal is die bedrag R 9 000 betaalbaar op 1 Februarie 2022.  Bereken as volg

Belastingjaar uitstaande Moes ingedien wees teen Berekening Bedrag
2020 31/01/2021 R250 x 12 maande x 2 jaar R 6 000
2021 31/01/2022 R250 x 12 maande x 1 jaar R 3 000

 

Gesien in die lig van bogenoemde moet u dringend aandag gee aan u belastingaangeleenthede.  Indien u enigsins hulp benodig is u welkom om Marica Gerber te kontak van Camira Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure, wat gesetel is op die grondvloer van die TLU SA Gebou.

Selfoon: 0846022397

Landlyn: 0861115227

Whatsapp nommer: 0603832046

E-pos:                    Info1@camira.co.za

Website:                www.camira.co.za

Hierdie artikel is opgestel volgens inligting aan ons beskikbaar en ons eie ervaring.  Dit verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van SARS of enige iemand anders nie.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.