James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

SARS: Tot die dood ons skei

Daar is ’n spreekwoord in die volksmond: “Niks in die lewe is ooit seker behalwe die dood en belasting nie”. Die tragedie is nie so seer die feit dat die gesegde waar is nie. Die tragedie lê daarin dat wyl jou kis in die graf af sak, rys SARS en sy eis vir boedelbelasting op uit daardie einste graf. Jy mag miskien in saligheid in jou graf lê, maar jou naasbestaandes moet die praktiese realiteit van boedelbereddering hanteer.  Indien jy nie voldoende boedelbeplanning gedoen het voor jou afsterwe nie, mag jou naasbestaandes opeindig met ’n kontantvloei-tekort en swaarkry na jou afsterwe.

Die eerste R3.5 miljoen netto waarde van die boedel is belastingvry. Dit is baie maklik vir ’n boedel om R3.5 miljoen te oorskry. Neem in ag dat die boedel bereken word teen die huidige markwaarde. Hoewel die grond dalk lank terug gekoop is, vereis SARS ’n waardasie (of verkoop van) die grond teen huidige markwaarde. Dit sluit in al die verbeterings. Bates bestaan nie net uit grond nie, dit sluit lewende hawe, oeste op die lande, implemente, meubels, skilderye, banksaldo’s en goue munte in. Letterlik alles wat aan jou behoort beland in jou boedel se boeke.

Sodra die boedel meer as R3.5 miljoen beloop, word tot en met die eerste R30 miljoen belas teen 20%. Jou netto bates wat R30 miljoen oorskry word belas teen 25%. Boedelbelasting is betaalbaar binne ’n jaar na afsterwe, tensy die Ontvanger ’n aanslag vroeër uitreik. Die aanslag is binne 30 dae betaalbaar. Rente word gehef teen 6% jaarliks op laat betalings. Die boedel moet die belasting betaal alhoewel daar uitsonderinge is op sekere polisse wat direk bemaak is aan ’n begunstigde. Dan moet die begunstigde die belasting betaal. Die probleem ontstaan wanneer daar bates in die boedel is, maar nie kontant om die belasting te betaal nie. Dan gaan ’n bate of bates verkoop moet word om die boedelbelasting te betaal. Dit is raadsaam om jou huidige boedelbelastingposisie te bereken in samewerking met jou Rekenmeester en Makelaar.  Sodoende kan jy nog uitdagings die hoof bied sonder om jou afhanklikes in ’n swakker posisie na te laat.

Indien u enigsins hulp benodig is u welkom om Marica Gerber te kontak van Camira Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure. Ons is gerieflik geleë in TLU SA se gebou.

Selfoon:  0846022397

Landlyn: 0861115227

WhatsApp:  0603832046

E-pos: Info1@camira.co.za

Webtuiste: www.camira.co.za

 

Hierdie artikel is opgestel volgens inligting aan ons beskikbaar en ons eie ervaring.  Dit verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van SARS of enige iemand anders nie.

Kategorie:

Deel dit:

SARS: Tot die dood ons skei

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.