SARS – Verwag ’n oudit

Die jaar snel ten einde.  Ons almal sien met verwagting uit na die feestyd, familietyd, funksies, kuier en braaivleis.

Ons sien uit na Oujaarsdag en Nuwejaarsdag – goeie wense tussen vriende. Ons weet nie wat om te verwag van die land, die ekonomie of beurtkrag nie, maar ons wens mekaar net die beste toe: voorspoed, vrede, vreugde, rekordoeste en opbrengste. Een ding wat u WEL kan verwag in 2023 is ’n SARS oudit. Ongelukkig. Maar omdat u dit verwag kan u voorebereid wees.

Wanneer belastingbetalers die word “oudit” hoor, word meeste mense oorval met ’n doodse vrees. Bloeddruk gaan op, sweet slaan uit. Jy kan nie besluit is jy bevrees, siedend of beide nie. Dis maar oor die algemeen ’n stresvolle affêre. In my ervaring raak oudits al hoe meer algemeen. ’n Oudit is ’n in diepte ondersoek van die inligting wat jy ingedien het in jou belastingvorm. Dit is waarom jy slegs geldige fakture moet gebruik in die opstel van u Inkomste en Uitgawe staat. Ons het reeds in ’n vorige gesprek breedvoerig verduidelik waaraan die ondersteunende bewyse vir jou uitgawes moet voldoen. SARS is geregtig op hierdie inligting indien hy dit op die korrekte manier aanvra vir die korrekte belastingperiode.

Dis die belastingbetaler se plig om alle rekords te hou vir vyf jaar na die aanslag wat laaste deur SARS gehef is. Indien daar ’n beswaar was of ander korrespondensie moet boeke gehou word tot vyf jaar na die laaste korrespondensie vanaf SARS. Indien jy nog glad nie ingedien het nie, moet jy die inligting hou vir vyf jaar nadat daardie oningediende jaar afgehandel is.

’n SARS beampte mag inligting aanvra, maar daar moet skriftelik toestemming verleen word deur ’n Senior staatsbeampte.

 

Boeke moet:

  • Op ’n metodiese manier gehou word,
  • in een van die amptelike tale beskikbaar wees,
  • oorspronklike dokumentasie moet beskikbaar wees of dit moet beskikbaar wees in ’n voorgeskrewe elektroniese formaat,
  • in ’n veilige plek gehou word. Neem sorg dat die dokumente nie verhit nie, aangesien sommige strokies verbleik in hitte. Wees ook veilig teen waterskade en brand.

Indien jy enige skrywe ontvang wat dui op ’n verifikasie of ’n oudit, is dit raadsaam om onmiddellik jou Belastingpraktisyn te kontak vir hulp. Die Belasting Administrasiewet maak voorsiening vir regte vir die Belastingbetaler. Indien jy dit nie gebruik nie verbeur jy die reg in ’n latere stadium. Die regte sal hanteer word in die volgende uitgawe van TLU SA Pitkos. Indien jy nie toegang het tot ’n belastingpraktisyn of ’n ander bekwame persoon met ervaring nie, is jy welkom om ons te kontak. Ons is gerieflik geleë in die TLU SA gebou in Pretoria.  Ons kan ook danksy tegnologie kliënte bystaan reg oor die wêreld.  Jy hoef nie eens jou plaas te verlaat nie, mits u kan bel en toegang tot internet het.

U kan direk vir Marica Gerber kontak op haar selfoon met ’n oproep of ’n WhatsApp.  Camira Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure fokus doelgerig om kliënte sovêr as wettiglik moontlik in ‘n belastingposisie te plaas waar die Belastingbetaler slegs dit absolute minimum betaal waartoe hy wetlik verplig is.

 

Marica Gerber selfoon:  0846022397

Camira Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure

Landlyn: 0861115227

WhatsApp nommer:  0603832046

E-pos: Info1@camira.co.za

Webtuiste:  www.camira.co.za

 

Hierdie artikel is opgestel volgens inligting aan ons beskikbaar en ons eie ervaring.  Dit verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van SARS of enige iemand anders nie.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.