Verlede maand se ernstige en verwoestende “protesoptredes” wat hoofsaaklik tot KZN en sekere metropolitaanse gebiede in Gauteng beperk was, het opnuut die rol van die sosiale media beklemtoon. Die rondstuur van naamlose stemboodskappe asook die onsekerheid betreffende die feitelike korrektheid van die inhoudelike, het pertinent opgeval. Terwyl dit heel moontlik is dat die betrokke medium wel as ‘n belangrike inligtingsbron ‘n rol kan speel, moet daar tog versigtigheid aan die dag gelê word om op onbevestigde wyse emosionele vrees te versterk.
Foto | Magnus Mueller from Pexels





