Die rol van sosiale netwerke speel deurlopend ‘n groter rol in die samelewing. Ons is dankbaar dat dit positief gebruik kan word en ons poog om dit so effektief as moontlik aan te wend.
Ongelukkig ken ons almal ook die negatiewe deel ook van sosiale netwerke. Van tyd tot tyd gaan sleutelbordkrygers uit hul pad om alles te diskrediteer wat nie 100% in hul persoonlike smaak sou val nie. Tyd en ervaring het al geleer dat een van die beter antwoorde dan is om dit heeltemal te ignoreer. Ons moet egter nie toelaat dat diegene en hul misplaaste opmerkings en insette ons van spoor bring nie. TLU SA word gerig deur beleidsbesluite en ons grondwet en manifes en daarop sal ons voortbou.
In die positiewe lig wil ons elkeen aanmoedig om tog die sosiale media soos Facebook te gebruik. Indien u profiel korrek opgestel word (vra die kleinkinders) is dit heeltemal veilig en is daar soveel meer inligting wat by u sal uitkom.