James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Tegnologie se rol in volhoubare landbou

Die vierde industriële revolusie bied ook vir die landboubedryf die geleentheid om nie net produktiwiteit te verhoog nie maar ook beter ondersteuning vir boere en ekonomiese volhoubaarheid.

 

Suid-Afrika se boere gryp die jongste tegnologie met albei hande aan. Landboutegnologie, bekend as AgTech, stel boere in staat om inligting en data in te samel oor alle aspekte van hul boerdery. Selfone het boere in staat gestel om vinnig en maklik te kommunikeer en inligting te ontvang. Nou kan selfone egter gebruik word vir elke aspek van die boerdery. Dit sluit onder meer in apps wat boere in staat stel om elke faset van hul boerdery met die druk van ʼn knoppie te bekom.

 

Daneel Rossouw, ‘n landboubestuurder van Nedbank, meen tegnologie moet die dryfveer wees vir slim oplossings om te help om voedselsekerheid vir toekomstige geslagte te verseker. Volgens Rossouw stel nuwe tegnologie boere onder meer in staat om data te kry wat faktore aandui soos presiese voginhoud, grondgehalte, kunsmisbehoeftes en wanneer om te ploeg. “Dit beteken dat boere minder water, minder energie en minder kunsmis gebruik.”

 

Daar word reeds wyd oor Suid-Afrika van tegnologie, soos sensors, hommeltuie en selfs satelliet-tegnologie, gebruik gemaak. Dit stel boere in staat om onder meer vee en gewasse te monitor. Dit beteken boere kan wetenskaplike data bekom om hulle gewasse beter te verstaan en diensooreenkomstig te beplan ten einde die beste resultate te bekom. Ander opsies is elektroniese oorplaatjies wat ʼn boer in staat stel om sy vee ten alle tye te monitor.

 

Verdere tegnologiese vooruitgang sal boere ook in staat stel om hul boerdery op alle vlakke te monitor en bestuur, omvattende data-analises te doen, slim besproeiing toe te pas, alternatiewe boerderymetodes te identifiseer en direkte verbindings verskaf tussen boere en verskaffers of verbruikers. Nuwe tegnologie sal boere ook in staat stel om die negatiewe gevolge van byvoorbeeld veiligheid en klimaatsverandering aan te spreek.

 

Landbou is soos tegnologie ʼn bedryf wat permanent aan die ontwikkel is. “Volhoubare landbou kan op verskillende maniere omskryf word, maar uiteindelik beoog dit om boere en hulpbronne, sowel as omliggende gemeenskappe te onderhou deur die bevordering van boerdery-aktiwiteite wat winsgewend, omgewingsvriendelik en in belang van die gemeenskap is,” het Louis Meintjes, president van TLU SA, onlangs gesê. “Enige besigheid moet winsgewend wees om uiteindelik ekonomies lewensvatbaar te wees.”

 

Die landbou-ekonoom Dr Philip Theunissen het tydens TLU SA se jaarlikse kongres gesê die rede hoekom boere al goedkoper vir al meer mense kan kos gee is omdat hulle aanhoudend beter boer.

 

“Die toenemende styging in produktiwiteit, wat uit innovasie en nuwe tegnologie voortspruit, is uiteindelik die bron wat ekonomiese groei in landbou meebring,” sê hy.

 

Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) voer in sy vooruitskouing vir 2018-2027 aan dat vernuwing, produktiwiteit en investering in die beste tegnologie van kritieke belang is om die landbousektor vir ‘n welvarende toekoms te posisioneer.

Kategorie:

Deel dit:

Tegnologie se rol in volhoubare landbou

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.