Tekens van verbetering afwesig

Die jaar 2022 was met groot verwagtinge ontmoet met nuwe raadslede wat soos blink besems vanuit die winkelrakke nou gaan vee en al die ongerymdhede uit die weg ruim, prestasie gaan ondersteun en vinnige en effektiewe diens sal lewer. Hierdie verwagting was egter gou die hok
geslaan met net nog raadslede aanstellings wat slegs dien vir die finansiële voordeel terwyl die inwoners van die land die spit moet afbyt met swak onderhoud, dienste wat ontbreek, korrupsie en kaderontplooiing gaan voort en daar is net nog ‘n nuwe era van die regerende party wat deel in die goudpot van die belastingbetalers.

Munisipaliteite se oudit het gewys daar is weinig verbetering in die hantering van die land se swaarverdiende belastinggeld. Werkloosheid is geensins aangespreek nie, in der waarheid is verskeie betogings aangevuur met die eise van onbillike verhogings bo die inflasiekoers. Hierdie aspek speel ’n belangrike rol waar die nasionale minimum loon eersdaags oorweeg sal word
waaraan die grondeienaar moet voldoen en nie ‘n keuse gelaat word vir vrye mark onderhandelings nie. Die algemene plaaswerker het te duur geword vir die mark waar die inkomste uit produkte nie die minimum loon regverdig nie. Meganisasie is die lig aan die einde van die donker nimmereindigende tonnel.

Dienste is nie meer prioriteit nie. Die lang rye by die munisipale kantore met die verwagting om sake uit te sorteer, lewer slegs negatiewe gevoelens met onverrigter sake waar onbevoegde personeel nie in staat is om dienste behoorlik te lewer waar omkoopgeld nie betrokke is nie.  Die belastingbetaler word verder uitgebuit om dus dubbeld te betaal vir behoorlike dienste terwyl
die ekonomie besig is om in duie te stort.

Paaie verval in slaggate as gevolg van tekort aan onderhoud wat oor jare nagelaat is. Vir die regering om nou met skok te ontdek die paaie is in werklikheid nie meer in ‘n toestand om die padgebruiker veilig te hou nie, is geensins aanvaarbaar nie. Die fondse is nie beskikbaar om alle paaie te herstel nie weens die korrupsie en plundering van staatsfondse.  Wanneer paaie gerapporteer word, is die normale verskonings van tekort aan fondse, nie-werkende masjinerie, onopgeleide operateurs, tekort aan onderhoud en die kwessies van probleme om voldoende oranje oorpakke aan te stel teen verminderde loon die algemene tendens. Wanneer gaan genoeg, genoeg wees?

Vanuit die plaaslike regering lessenaar is dit met ‘n swaar gemoed wat ons die jaar afsluit.  Die land is in ‘n swakker toestand as waarmee dit afgeskop het en daar is geen silwer randjie om enige wolke nie. Dit is donker, dreigende wolke wat die belastingbetaler vasdruk en vergruis tot daar geen uitkoms is nie. Betaal die regering vir plundery, diefstal, korrupsie en wanadministrasie. Betaal die onbevoegde amptenaar sodat hy kan skitter met ‘n inkomste waarmee hy in ‘n dubbelverdieping huis woon, blink voertuie ry, spog klere dra en uitspattige partytjies kan hou.

As belastingbetalers moet daar ‘n ommekeer plaasvind.  Onbetrokkenheid is ons ondergang en wil ons graag elke persoon aanmoedig om met insig en deursigtigheid betrokke te raak by die plaaslike regering in sy gebied.  Daadwerklike optrede is die enigste uitweg om ons toekoms te rig.

Graag wil ons vanaf die plaaslike regering lessenaar ons lesers almal ‘n geseënde en rustige vakansietyd toewens.  Mag die Here se hand oor elkeen van ons mense wees en ons veilig toevou om ook in hierdie tyd van die jaar die nodige rus te ervaar.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.