TLU SA by die Landbank

TLU SA het op 21 Julie 2023 samesprekings gevoer met die Landbank se voorsitter van die raad, Thabi  Nkosi en die uitvoerende hoof, Themba Rikhotso oor die rol van die Landbank vir die toekoms en waar die kommersiële sektor in hul beplanning inpas.

Inleidend het TLU SA gemeld dat die markkragte die bepalende meganisme is wat enige besigheid, ook plase en die Landbank deurlopend evalueer vir sukses al dan nie. Dit beteken dat plase winsgewend moet wees en dat dit nie volhoubaar is indien boere byvoorbeeld herhalend geherkapitaliseer moet word nie.

Suid-Afrika benodig suksesvolle boere en dit sou meer suksesvol wees om met die regte mensemateriaal te werk wat die regte ingesteldheid het om wel ‘n boer te wees. ’n Boer is iemand wat ’n sin vir dringendheid het, verantwoordelikheid aanvaar, toekomsgerig en leergierig is, en beskik oor sekerlik die belangrikste eienskap: ’n passie om wel te wil boer.

Landbank het die versekering gegee dat hulle fokus is om die kommersiële sektor by te staan. Blanke kommersiële boere is tans ongeveer 70% van hulle boek. Hulle wil nie die swart deelname in landbou ten koste van die blanke komponent doen nie, maar wil wel die swart komponent in eie reg laat groei. Die belangrikheid van die regte keuse van boere is deur TLU SA  beklemtoon.

Bestaande kliënte sal voorkeur kry om wel lenings vir grondaankope of produksiekrediet te kan kry. Nuwe aansoeke sal op meriete hanteer word en indien moontlik sal bystand verleen word.

Die ooreenkoms wat TLU SA ongeveer ’n jaar gelede met die Landbank gesluit het om boere wat nie hul verpligtinge kon nakom nie wel te help, indien daar ’n aanvaarbare besigheidsplan aangebied word, is opnuut bevestig. Verskeie voorbeelde van hoe sake so suksesvol hanteer is, is gemeld.

Die kommunikasie na die Landbank is oop vanaf ons hoofkantoor en indien daar enige algemene navrae is waarvoor daar duidelikheid verkry moet word is lede welkom om sodanige vrae deur te stuur na ons hoofkantoor vir die aandag van Mauritz Lombard by beleid@tlu.co.za.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.