Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
TLU SA doen beroep om hulp Woensdag | 05 Januarie | 2022

Op Dinsdag 4 Januarie het hewige storms dele van die Vrystaat- en Noordwes-provinsies getref. Vloedwater het duisende hektaar se oeste tussen Christiana en Hertzogville beskadig en in sekere gevalle vernietig.

Die skade beïnvloed ’n rofweg geskatte gebied van meer as 6000 hektaar wat heeltemal vernietig is. Dringende stappe is nodig om die impak van hierdie natuurramp op die boerderygemeenskappe in die geaffekteerde gebiede te verlig.

TLU SA se voorstelle aan die Vrystaat se Departement van Landbou (soos in skrywe aan hom gerig) is:

  • Verklaar die distrikte waarin die landbougemeenskappe die swaarste getref is as rampgebiede.
  • Verskaf dringend fondse om boeregemeenskappe, wat die swaarste deur die ramp getref is te help om voort te gaan met hul boerderybedrywighede.
  • Assesseer die finansiële impak en monetêre verlies wat deur die slagoffers van hierdie ramp gely is.
  • Doen ’n beroep op die betrokke provinsiale departemente om vas te stel watter skade aan provinsiale infrastruktuur veroorsaak is, bv. paaie en ander strategiese netwerke.
  • Om die inisiatief te neem om die stappe deur nie-provinsiale agentskappe te koördineer, bv. Eskom om strategiese dienste te herstel.
  • Om hande te vat met TLU SA en ander landbou-agentskappe om lede van die landbousektore wat die swaarste deur hierdie natuurramp getref is, by te staan waar nodig.

Hennie Roos, wat boer tussen Hoopstad en Hertzogville, het vertel hoe gister se swaar reën en hael die laaste strooi was.

“Binne ’n paar uur het 110mm geval en die hael my mielies en bone kisboude geslaan,” het Roos vertel.

“Ons het reeds waterskade gehad weens die swaer reën, maar gister (Dinsdag 4 Januarie) was die finale spyker in die kis. Nou moet ons wag en sien. Die planttyd is verby, so ek kan nie weer plant nie. Alles is ook ontoeganklik. Alles is net een groot gemors! Ons kan nie eens naby die lande kom nie, want alles is onder water en die paaie is weggespoel. Ons moet nou eers wag en tyd gee om op die lande te kom om te sien wat ons kan doen. Dalk sal ek kan koring plant, maar alles is onseker…”

Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, het gesê: “Daar is permanente skades in groot mieliedistrikte in veral die Vrystaat maar ook in ander provinsies, soos Noordwes. Korttermyn is daar nog baie reën die komende naweek tot so 15 Januarie. Dan word reën weer vir die laaste week van Januarie en die eerste twee weke van Februarie voorspel. Die kanse vir ’n grootskaalse vloed in die Vaal- en Oranjerivier is dus groot.

“Hoewel daar elke jaar droogtekolle of versuipkolle is by droëlande, is die oppervlakte vanjaar baie groter. Verder is haelskade ook ’n probleem. Saam met die reën in die noordwes-Vrystaat was daar die afgelope 36 uur ook baie hael. Boere kan tans nie genoegsame kunsmis toedien nie, die sonlig is min, versuiptoestande is hoog en gedeeltes kan nie geplant kon word nie is alles faktore wat bydrae tot skade van 10 tot 15%. Nog reën soos voorspel gaan dit erger maak. Staande water kan veesiektes ook eskaleer,” het Van den Berg bygevoeg.

Dié wat hul pad oopsien om TLU SA te help om die boere in nood te help, kan ’n bydrae maak tot die Traumafonds https://www.payfast.co.za/donate/go/traumafonds

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

sluit aan

Sluit aan
POPI