James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA eer uitnemende landboujoernalistiek met Sonneblom-toekenning

TLU SA het met groot dankbaarheid en waardering die TLU SA Sonneblom-toekenning tydens sy jaarlikse mediafunksie by die organisasie se kantore in Silverton aangebied. Hierdie toekenning is ’n besondere geleentheid waartydens TLU SA hulde bring aan die joernaliste en mediaplatforms wat deur die jaar uitmuntend presteer in die dekking van landbou, plattelandse sake en die werklikhede waarmee boere daagliks gekonfronteer word.

“Joernaliste is soms die enigste brug tussen die boer se werklikheid en die samelewing se begrip daarvan. Wanneer daardie brug met eerlikheid, balans en die soeke na waarheid gebou word, verdien dit erkenning,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Die Sonneblom-toekenning dra simboliek wat diep met die landbougemeenskap resoneer: helderheid, waarheid, hoop en standvastigheid. Dit is waardes waarvolgens TLU SA self funksioneer, en waardes wat die organisasie raakgesien het in die mediabydraes van uitverkose joernaliste en platforms hierdie jaar.

Sedert 2024 monitor TLU SA aktief die media se insette, nie net om te sien wie ons standpunte akkuraat verwoord nie, maar om te kyk watter joernaliste werklik die breër landboubelang dien. Die toekenning word toegeken aan joernaliste wat konsekwent die kern van TLU SA se mandaat verstaan: om die boer as voedselprodusent te beskerm, ekonomiese verantwoordelikheid te bevorder en die voortdurende uitdagings in die sektor eerlik aan te spreek.

Van Zyl het verder beklemtoon dat die rol van landboujoernaliste nie onderskat mag word nie:

“Ons boere staan vandag voor uitdagings wat meer kompleks en meer veeleisend is as ooit tevore. Wanneer die media hierdie realiteite met integriteit uitlig, dien hulle nie net die landbou nie, hulle dien die hele land.”

Die mediafunksie bied elke jaar ’n belangrike geleentheid vir TLU SA om waardering uit te spreek, om gesprek te stimuleer en om die noodsaaklikheid van professionele, akkurate en etiese verslaggewing te onderstreep. TLU SA glo dat volhoubare landbou, ekonomiese groei en gemeenskapswelstand afhanklik is van eerlike inligting en openbare vertroue.

TLU SA bedank alle joernaliste, redakteurs en media wat deur hul werk bydra tot groter insig, begrip en samewerking binne die landbougesprek. Die organisasie sien uit na nog ’n jaar van doelgerigte samewerking en eerlike dialoog.

Beeld Media: GROOTplaas / GROOTfm

Geskrewe Media: Yogashen Pillay

Klank Media: Pretoria FM

 

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA eer uitnemende landboujoernalistiek met Sonneblom-toekenning

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.