James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA neem voortou om vergoeding vir veiligheidsuitgawes te vestig

Die regering faal hopeloos daarin om Suid-Afrikaners teen misdaad te beskerm en selfbeveiliging is lankal nie meer ‘n luukse nie. Daarom is TLU SA besig om ondersoek in te stel na maniere hoe belastingbetalers voordeel kan trek uit noodsaaklike veiligheidsuitgawes. TLU SA het vandag ‘n veldtog bekend gestel wat mense aanmoedig om hierdie ondersoek te ondersteun.

“Die vlakke van misdaad het elke jaar sedert 2018 gestyg en in Desember 2022 die hoogste vlak ooit bereik,” sê Bennie van Zyl hoofbestuurder van TLU SA. “Met 75 moorde, 180 verkragtings, 63 huisrowe en 454 huisbrake per dag, is misdaad in die land inderdaad ‘n epidemie, selfs ‘n pandemie as mens die impak op oorsese familie in gedagte hou. Anders as met Covid-19, word dit nie amptelik as sulks beskryf nie. Die omvang van misdaad laat ons egter glo dat die rampbestuurwetgewing wat tydens Covid-19 vergunning gemaak het om op ‘n finansiële vergoeding vir sekere uitgawes aanspraak te maak, ook hier van toepassing moet wees.”

Met hierdie petisie wil ons solank steun werf sodat TLU SA, wanneer die beste moontlike roete vasgestel is, dit met oorweldigende openbare steun aan die relevante liggame en departemente kan voorlê.

“Soos met soveel van die regering se take, slaag die regering nie daarin om hulle mandaat na te kom nie. Mense is op hulleself aangewese om hulleself en hulle geliefdes te beskerm,” sê Van Zyl. “Dit is dan mos net vanselfsprekend en regverdig dat mens vergoeding ontvang, wanneer jy die regering se werk oorneem.

“Dit is veral ons lede – kommersiële boere – wat groot onkostes aangaan om te verseker dat hulle gemeenskappe veilig is. Elke sent wat op veiligheid spandeer word, is ‘n sent wat nie op produksie spandeer kan word nie en dit het ‘n impak op die volhoubare voorsiening van voedsel.”

Ondersteun TLU SA se veldtog by hierdie skakel: https://www.tlu.co.za/jou-veiligheid/

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA neem voortou om vergoeding vir veiligheidsuitgawes te vestig

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.