TLU SA ontmoet met DG, bespreek voedselsekerheid en landbou-onsekerheid

(Fotokrediet: Reint Dykeman)

TLU SA versoek vestiging van ‘n advieskomitee vir primêre produsente

TLU SA het vandag met die Direkteur-Generaal van die Departement van Landbou, Mooketsa Ramasodi ontmoet en die geleentheid gebruik om ernstige probleme in die landboubedryf aan te spreek. Die gesprek was positief en konstruktief.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA het sy kommer uitgespreek oor die toepassing en implementering van beleid ten opsigte van voedselsekerheid in Suid-Afrika. Verskeie besluite, voorstelle en beleide, asook die nie-toepassing en agteruitgang van kardinale landboudienste soos die Landbounavorsingsraad, veeartsenykunde en ondersteuning aan boere tydens rampe deur die Departement van Landbou veroorsaak groot onsekerheid in die bedryf, breek beleggingsvertroue af en kos die verbruiker al hoe meer.

Die huidige plantseisoen se produksie-insette soos diesel en kunsmis word tans internasionaal deur ‘n verskeidenheid aspekte beïnvloed, wat ‘n negatiewe gevolg op volhoubare voedselproduksie in Suid-Afrika gaan hê. “Ons landbou-omgewing kan nie bekostig om enige verdere foutiewe beleidsrigtings te implementeer en onnodig geld te vermors nie,” sê Van Zyl. Verdere kommer heers oor die mentorskap aan opkomende boere wat misluk as gevolg van onvoldoende kennis en wat slegs met sukses toegepas kan word met genoeg opgeleide landboukundiges wat as deel van landbou tegniese dienste hierdie opkomende boere moet ondersteun om suksesvolle produsente te word.

TLU SA het voorgestel dat die departement vanuit TLU SA, SAAI, AGRI SA, AFASA en NAFU ‘n advieskomitee van primêre produsente daar moet stel wat net kyk na hul beleidstoepassing en kommentaar kan gee alvorens beleid geïmplementeer word.

Een van die grootste bates wat ‘n land het, naamlik ‘n produserende kommersiële boer, moet effektief en suksesvol kan boer, sonder om voortdurend negatief beïnvloed te word in sy praktyke. Die belangrikheid van ‘n suksesvolle kommersiële landboubedryf kan nie langer deur die Departement van Landbou ontken word nie. Insette vanuit ‘n kundige komitee, bestaande uit die land se grootste landbou-organisasies kan help om te verseker dat die regte besluite geneem word en dat rolspelers vanuit die Departement volledig ingeligte begrip en persepsie van die bedryf het.

Om TLU SA te steun om boere se belange in die land te beskerm, sluit gerus aan as ‘n lid of ondersteuner by hierdie skakel.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.