TLU SA oorweeg belasting-boikot oor onredelike verhogings van eiendomswaarde

TLU SA ondersoek die moontlikheid om munisipale belasting te boikot indien die regering voortgaan met onredelike verhogings van die waarde van eiendomme.

Munisipaliteite regoor die land is in die proses om eiendomme te inspekteer vir algemene of aanvullende waardasierolle. Die waarde van die eiendom bepaal ook die tarief wat op dienste en belasting vir die eiendom gehef word.

“Ons is verbaas en teleurgesteld oor hoe die waardes van eiendomme, spesifiek in die landbousektor, tot dubbel die huidige waarde aangepas word,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Dié verhogings is verder dubbelsinnig in die lig van onteiening sonder vergoeding en sprake van ‘n nul-waarde op eiendomme. Die regering moet eerlik en konsekwent wees in hulle beleid en optrede. Jy kan nie aan die een kant sê ‘n eiendom se waarde is nul sodat onteiening sonder vergoeding kan plaasvind en dan aan die ander kant ander eiendomme se waarde opblaas sodat heffings styg nie.”

Die wet spesifiseer die basis van ‘n eiendomswaardasie word deur die markwaarde van die eiendom tydens verkoop bepaal. Die verkoopprys word ooreengekom deur ‘n gewillige verkoper en gewillige koper.

Maar, met die waarskynlikheid van onteiening sonder vergoeding wat die waarde van eiendomme asook die hoeveelheid gewillige kopers laat afneem, is daar dan geen aanvaarbare rede vir munisipale waardeerders om die waarde van eiendom so dramaties aan te pas nie, aangesien ‘n eiendom geen waarde het indien daar geen aanbod is nie.

Indien die regering sy eie wette en beleide slaafs navolg, moet die waarde van eiendom – van landbougrond en stadsgrond – in werklikheid verlaag indien nie heeltemal geskrap word nie.

“TLU SA doen ‘n ernstige beroep op die onderskeie LUR’e vir Plaaslike Regering om ingevolge Artikel 81 van die Munisipale Eiendomsbelasting-wet die nodige stappe te neem en in te gryp by waardasierolle waar munisipaliteite onredelike verhogings op eiendomme toepas,” sê mnr. Meintjes. “Ons dring verder aan op ‘n omvattende impakstudie ten einde die waarde van landbougrond met onteiening sonder vergoeding in ag genome, te bepaal.

“Dit kom voor asof elke beleid en besluit van die regering daarop gemik is om ekonomiese groei te demper,” sê hy. “Beleggersvertroue word reeds negatief beïnvloed deur onteiening sonder vergoeding. Opgeblase eiendomspryse gaan net meer hiertoe bydra.

“Ons sal oorweeg om ons lede aan te moedig om munisipale belasting te boikot, indien die regering nie hieraan aandag skenk nie.”

TLU SA waarsku grondeienaars om deeglik kennis te neem van die waardasie op eiendomme en beswaar aan te teken waar dit buitensporig verhoog is. TLU SA is gereed om enigeen met navrae hieroor by te staan.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.