TLU SA se Adviesdiens

Lede van TLU SA is in die bevoorregte posisie om toegang te hê tot die insigte en kennis van grondkundige Dr. Gawie du Toit met TLU SA se Adviesdiens.

Met dié splinternuwe diens bring TLU SA bruikbare en praktiese kennis na sy boere om hul op die kort en langtermyn meer suksesvol te maak.

Die vernaamste doelwit van die Adviesdiens is om aan mielieboere inligting te verskaf oor die regte hoeveelheid misstof (NPK) en kalk om mielies winsgewend en volhoubaar te produseer, om aan die bevolking van die RSA se behoeftes te voldoen.

Dr. du Toit se kundigheid en ervaring as plantvoedingkundige het begin en ontwikkel uit sy navorsingswerk gedurende die 1970s. Hy was toe in diens van die Departement van Landbou op die Nooitgedacht-Navorsingstasie (Ermelo, Mpumalanga) waar hy 16 jaar lank plantvoedingsnavorsing gedoen het.

Sy studie het gefokus op misstofverbruik (NPK) vir die produksie van droëland mielies, beide in die ooste en weste van die mielie produserende gebied in Suid Afrika. Dr. du Toit was self ook vir 15 jaar ’n mielieboer en het dus eerstehandse ervaring. Tans is hy ’n onafhanklike grondkunde-konsultant.

Hy het dus vir die afgelope 40 jaar of wat kennis opgedoen – navorsing en ervaring – en groot sukses behaal.

En nou het lede van TLU SA toegang tot Dr. du Toit en sy kennis.

Volgens Dr. du Toit gaan dit oor ’n winsgewende oes en nie ’n maksimum oes nie.

“Die adviesdiens maak deur middel van die produksie-geskiedenis van die boer se lande, grondontledings en NPK-proewe (histories en onlangs) ’n verstandig-toepaslike aanbeveling van die hoeveelheid kalk en NPK benodig om ’n winsgewende oes te produseer. Vir my is dit die belangrikste uitkoms,” vertel Dr. du Toit.

“Hierdie is ’n objektiewe adviesdiens met vars, nuwe kennis wat daarop gerig is om ons boere finansieel te bemagtig en vry te maak van skuld. Die wins aspek is die kernbeginsel (hoeksteen en fondament) waarop die adviesdiens gebou is. Maksimum wins is dus die mikpunt en nie maksimum oesopbrengs nie. ’n Maksimum oes kan volgens die biologies-ekonomiese wet van dalende-meer-opbrengs nooit die grootste wins lewer nie.”

Vir TLU SA is dit belangrik dat sy lede van elke moontlike geleentheid gebruik maak om meer te weet en dit dan toe te pas tot voordeel van die boerdery en uiteindelik die algehele ekonomie. Om dié rede word lede aangemoedig om nie net van die Adviesdiens gebruik te maak nie, maar ook die ander voordele wat daar is vir lede van TLU SA.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.