TLU SA skep petisie om Plaaswagte te aktiveer

 

TLU SA doen ‘n dringende beroep op die Minister van Polisie, mnr. Bheki Cele en President Cyril Ramaphosa om die Plaaswagte weer te aktiveer, en het ‘n platform geskep waar Suid-Afrikaners die aksie kan ondersteun.

 

Dié noodsaaklike wagte word sedert die begin van die inperking verhoed om patrollies te ry om landelike veiligheid te verseker, en sedertdien is daar ‘n merkbare en kommerwekkende toename in die diefstal van produkte en lewende hawe.

 

“Landelike veiligheid met die klem op geweldsmisdade op plase en hoewes is sedert 1998 as ‘n nasionale misdaadprioriteit verklaar,” sê genl.maj. Chris van Zyl. “Ter ondersteuning en met die goedkeuring van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), dra Plaaswagte sedert die laat negentigs beduidend by met landelike patrollies in die landbougebiede en hulp met voorstaandienste om roetes te moniteer. Dit geld ook misdade wat buite die landbousektor gepleeg is maar waar verdagtes alle moontlike ontsnaproetes kan benut. Dit is ‘n diens wat allerweë deur die SAPD verwelkom en benut word.”

 

Ter aanvulling en ondersteuning van die SAPD het TLU SA laat in 2017 die inisiatief geneem met die ontwikkeling van ‘n Nasionale Landbou Veiligheid Strategie wat vroeg in 2018 deur ASUF (Agri Sector Unity Forum) aanvaar en goedgekeur is. Hierdie strategie, wat daarna jaarliks aangepas en opgedateer is, skep ‘n eenvormige landboubydrae vanuit landbougeledere ter ondersteuning van die SAPD se Landelike Veiligheidstrategie.

 

“Die inperking en handhawing van wet en orde stel groot eise aan die SAPD, maar dit is hoofsaaklik in digter bewoonde gebiede en op paaie waar ‘n verhoogde sigbare polisiëring vereis word om nakoming van die inperkingsregulasies af te dwing,” sê Van Zyl. “Uiteraard is yler-bewoonde landbougebied nie meer verseker van effektiewe- en voorkomende polisiëring nie en derhalwe neem die belangrikheid van Plaaswag-aktiwiteite eksponensieel toe.”

 

Beskikbare inligting dui dat plaasaanvalle gedurende die eerste drie weke van inperking in vergeleke met die drie weke daarvoor, afgeneem het met sewe aanvalle en twee moorde in vergelyking met 16 aanvalle en vyf moorde). Maar in dieselfde tydperk het die diefstal van produkte en lewende hawe dramaties toegeneem.

 

“Dit is in die nasionale belang dat Suid-Afrika se landbouproduksie ten beste beskerm word sodat voedselsekerheid in stand gehou kan word,” sê hy. “Dit is teen hierdie agtergrond dat die Minister van Polisie se weiering om soos in die verlede, Plaaswagte toe te laat om in samewerking met die SAPD voort te gaan met gebiedsbeveiliging, geen sin maak nie. Hoe gouer die regering die kortsigtigheid van hierdie onnodige en sinlose inperking gaan besef en Plaaswagte toelaat om soos die afgelope twee dekades voort te gaan met hul unieke funksie, hoe beter.”

 

TLU SA het ‘n platform geskep waarop Suid-Afrikaners ‘n petisie kan steun om druk op die regering uit te oefen om die Plaaswagte te aktiveer. Die petisie is by hierdie skakel beskikbaar.

 

 

Uitgereik deur:          TLU SA

 

Datum:                       21 April 2020

 

Navrae:                       Genl.maj Chris van Zyl (aft), Adjunk-hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 072 716 9299

 

Mnr Henry Geldenhuys, Adjunk-president TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.