James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA verwelkom dié nuwe wetgewing

TLU SA verwelkom die nuus van nuwe maatreëls om die diefstal van kabels, heinings, ysterpale, ens. aan te spreek en die verkoop daarvan as skrootmateriaal hok te slaan.

“Dit is goed om te weet daar is geluister na al die insae wat gegee is. Dié kwessie is een wat landbou regstreeks raak met die steel van elektriese kabels – beide koper en aluminium – draad, ysterpale, sparre (droppers), boorgatpompe en ander infrastruktuur,  wat ’n negatiewe effek op voedselsekerheid het. Dit is natuurlik ’n stap wat ons verwelkom en een wat beslis impak gaan hê…as dit toegepas word,” sê mnr. Henry Geldenhuys, TLU SA President.

Die regering het die week besonderhede bekend gemaak van geteikende maatreëls om die diefstal van openbare infrastruktuur vir herverkoop as skrootmetaal aan te spreek wat jaarliks meer as R47 miljard skade aan die ekonomie aanrig. Die maatreëls behels die verbod op die uitvoer van afvalkoper en ysterhoudende metaal vir ’n tydperk van ses maande, wat gevolg sal word deur ’n stelsel om handel in sulke metale te reguleer.

In toekomstige fases sal nuwe maatreëls ingestel word, insluitend die verbod op die gebruik van kontant in koper- en skrootmetaaltransaksies, na aanleiding van wetswysigings; en die beperking van uitvoere tot ’n bepaalde aantal uitgangspoorte.

Hierdie maatreëls is op 16 November 2022 deur die Kabinet oorweeg en goedgekeur, as deel van ’n omvattende pakket maatreëls om die skade wat deur metaaldiefstal aan openbare infrastruktuur, die ekonomie en gemeenskappe veroorsaak word, aan te spreek.

“Vir ons as boere en ’n organisasie wat landbou verteenwoordig, is die belangrikste dat die wetgewing toegepas word. Dit gaan die ware toets wees soos met alles. Dié is egter ’n goeie begin en ons sal vordering en implementering fyn dophou.”

 

Foto: Lucas van OortUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA verwelkom dié nuwe wetgewing

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.