Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Van die President se Lessenaar | Augustus 2020 Dinsdag | 01 September | 2020

Die Prediker sê alles in die lewe het ’n bepaalde tyd. Daar is ’n tyd om te begin en daar is ’n tyd om te eindig. My tyd van begin was 26 jaar gelede in 1994. My tyd om te eindig is in 2020.

Hierdie sal my laaste skrywe in die Pitkos wees as President van TLU SA. Ek lê die tuig neer, maar ek weet daar sal ’n ander tuig wees wat ek moet opvat. Dit was ’n voorreg om vir tien jaar aan die hoof van hierdie organisasie te staan. Ek kan net dankie sê vir elkeen wat in die afgelope 26 jaar my lewe verryk het. Vir die wat voel ek het hulle te na gekom, vra ek onvoorwaardelik om verskoning.

Ek hoop ek word toegelaat om op ander maniere ’n verskil te maak in ons boere se lewens.  My laaste amptelike sê, sal my presidentsrede wees wat ek by die Kongres sal voorhou.

Sterkte en seënwense vir u as lid. Dankie, dat u lid is van hierdie besondere en unieke organisasie. Dankie, aan elke bestuurslid en personeellid wat my gehelp het en die lewe makliker gemaak het.

My gebed is dat die Here met elkeen van ons sal wees in hierdie moeilike tye en dat Hy ons sal behoed en bewaar. Dat Hy ons almal die wysheid en insig sal gee om ons deel te doen om ons boere op hulle grond te hou. Maar dat ons elkeen aan Hom sal vashou want Hy is die Lig en die Waarheid en Hy is in beheer.

 

Seënwense

Louis en Erika Meintjes

Sluit aan

Nuusbriewe
Checkboxes

Kontak Ons