Van die President se Lessenaar

Een van die grootste probleme wat ons daagliks ondervind, is die gebrek aan betroubare inligting wat verband hou met die inperking, en wat in wese ’n invloed het op ons besigheid en daaglikse lewe.

As ek nou iets moet sê oor waar ons volgende week gaan wees en hoe dit ons beïnvloed dan kan ek nie met gesag praat nie. Alhoewel ons op die komitee van die Minister verteenwoordig word, beteken dit baie min en gee dit nie sekerheid nie.

Die enigste sekerheid wat ons vir ons lede bied, is die feit dat ons die saak van ons lede en boere vooropstel en platforms gebruik om die sake onder die aandag van die betrokke ministers te bring.

Dit maak dit baie moeilik, eintlik onmoontlik, wanneer ons ons besigheidbeplanning moet doen.

Ons word gevra: ‘Wat staan ons dan te doen?’.

Vir my is die antwoord baie eenvoudig. Ek deel dit graag.

In die eerste plek moet ons onsself uit die gemors waarin ons is, presteer. Ons boere kán planne maak.

Ons moet ook nie ons oplossings op die konvensionele plekke gaan soek nie. Ons moet die huidige tendense in gedagte hou en nuut en innoverend dink en doen. ’n Plan wat net op die self fokus, het ook ’n mindere kans om te werk en suksesvol uitgevoer te word.

In elke gemeenskap moet vriende, bure en medeboere saam debat voer oor oplossings.

Wat my bekommer is die tendens om vas te haak by die probleem. Ure word spandeer om die probleem in detail te ontrafel en te bespreek. Maar min of geen tyd word aan die oplossings spandeer nie.

Ons moet wegkom uit die wurggreep van die regering se beleid en politieke doelwitte. Ons moet ons boere weer finansieel sterk kry. Ons soek ’n nuwe bedeling vir landbou en in besonder vir die primêre produsent, die boer.

In die tweede plek glo ek dit is nou tyd om laer te trek en saam te staan. Ons moet mekaar ondersteun, nie net op ’n finansiële vlak nie, maar ook op ’n morele en geestelike vlak.

As daar ’n plan voorgestel word, moet ons nie kyk na die probleme nie, maar wat gedoen moet word om die plan te laat werk. Ek kan die versekering gee dat dit is hoe TLU SA se bestuurspan uitdagings aanpak.

Op die stadium is daar ’n plan op die tafel wat dit juis doen. Die projek se naam is AgriQuantum.

Die doel van die projek is om die boer te bemagtig en hom boaan die waardeketting te plaas. Om – soos wat wêreldwyd die tendens is – beter naspeurbaarheid te vestig.

Die projek sal daarop fokus dat boere nie vir ’n oop mark produseer nie, maar vir ’n spesifieke vraag. Dit sal meebring dat boere makliker en goedkoper finansiering kan kry, want sy produk is eintlik vooruit verkoop.

Dit is ’n groot projek en ons bemarkingspan sal eersdaags begin om die projek aan ons lede bekend te stel.

Ek glo dat die tipe projekte en in besonder die AgriQuantum projek ’n groot voordeel vir ons boere en TLU SA sal inhou.

As ons dan vra vir ondersteuning en deelname moet ons laer trek en saamwerk om dit ’n sukses te maak.

Intussen moet ons elkeen in geloof ons dagtaak verrig met die wete dat ons ’n Here het wat in beheer is en dat alles deur Hom moontlik is.

Sterkte en sukses met u boerdery. Vasbyt!

Boere-groete,

Louis Meintjes

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.