Van die President se Lessenaar

Die Bybel sê dat dit wat is, reeds was en dat dit wat was, weer sal wees.

Ons ervaar die waarheid ook dan in hierdie tyd. Wie sou ’n maand terug kon dink dat ons hier aan die einde van April reeds vyf weke in afsondering sou wees?

Soos wat ek hier sit in skryf weet ek nie wat na hierdie tyd van inperking gaan gebeur nie. Waarvan ek wel seker is, is dat dit nie die einde is nie. Die inperkinge sal in die komende maande steeds in die een of ander vorm met ons wees. Selfs tot in die nuwe jaar.

Hierdie inperking het ‘n groot impak op elkeen van ons gehad. Nie net in ons gesinslewe nie, maar in besonder ook op die manier waarop ons, ons besigheid bedryf.

Ek dink persoonlik dat die inperking ’n opbouende positiewe invloed gehad het op ons gesinslewe. Ons was deurentyd saam en het die uitdagings saam trotseer en opgelos.

Wat die landboubedryf betref was ons in die besondere situasie dat dit gesien word as ’n sleutelbedryf en kon ons aangaan met ons daaglikse dagtaak. Natuurlik was daar uitdagings en probleme. Ons dink in besonder aan die bedrywe wat nie as belangrik beskou is nie, soos die blomboere en die kwekerye-bedryf.

Die knelpunte is veroorsaak deur ’n ANC-regering wat politieke besluite neem en nie ’n benul het hoe die bedryf werk nie. Dit het bepaalde probleme geskep wat ons op die lang duur gaan seermaak.

Die ander belangrike aspek is die feit dat ’n nuwe standaard of manier van dinge doen, reeds gevestig is en so gaan bly. Die hele bedryf is op sy kop gekeer en het reeds verander, in besonder wat die verbruiker wil hê.

Ons moet daarop attent wees en moet aanpas. Nie net oorhoofs nie, maar ook daar op my plaas.

Uit die navrae wat na ons gekom het, was dit duidelik dat TLU SA se kommunikasie redelik goed was en het ons daarom relatief min navrae van ons lede gekry. Meer as 90% van die navrae was van nie-lede. Dit bevestig die waarde van ’n organisasie soos TLU SA.

Ons Hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sit op die minister se taakspan en het ook direk toegang tot die nasionale komitee van die president. Ons is dankbaar vir die reuse taak wat hy verrig om die probleme onder hulle aandag te bring. Van die probleme het aandag ontvang, maar daar is baie wat hulle nie verstaan of enigiets weet nie.

Ons het die nuwe norm en standaard wat reeds gevestig is, raakgesien en daar is twee projekte wat reeds aan die gang is om ons lede en boere te help om makliker en beter besigheid te doen gegewe die nuwe realiteite.

Die eerste is die Plaasvars e-Handel platform. Dit is noodsaaklik om die skakel tussen ons produsente en die verbruikers te verkort. Die reaksie was ongelooflik. Meer detail oor Plaasvars is verder in die nuusbrief beskikbaar.

Baie dankie aan Daleen en haar span van Edge Communications wat op eie koste die projek aangepak en ontwikkel het as hulle bydrae om landbou beter te laat werk.

Die ander inisiatief is ons AgriQuantum projek. Dit is ook ‘n e-handel platform, maar sal baie meer omvattend as Plaasvars wees. Die beplanning is reeds aan die gang en ons sal in volgende Pitkosse meer detail gee.

Dit is belangrik hoe ons lede die projekte ondersteun en daaraan deelneem. Die keuse lê by elke lid self. TLU SA het egter die visie en werk hard om in belang van ons lede, projekte te loods wat die neigings en veranderings voorsien en voorloop met ontwikkeling.

Dit is belangrik dat ons in die tyd ook meer as ooit sal vashou aan ons geloof. Ons weet HY is in beheer. Ons glo dit en ons hou daaraan vas

Sterkte vir die tyd wat voorlê

Vasbyt,

Louis Meintjes

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.