Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Vastepunt fotografie Donderdag | 02 April | 2020

Daar is in die verlede reeds versoek dat waar u bewus is van grond wat oorgedra word deur middel van restitusie dit goed sal wees om op vaste punte die infrastruktuur af te neem, voordat die oordrag plaasvind.

Neem dan weer ‘n geruime tyd daarna, soos byvoorbeeld ‘n jaar, weer dieselfde reeks foto’s van die dieselfde plekke af.

Geen woorde hoef daarna gebruik te word nie, want ‘n prentjie spreek ’n duisend woorde. Ons versoek is dat u asb sal help om vir ons sodanige fotomateriaal te verskaf.