Veiligheidsbulletins

Vanuit die hoofkantoor trag TLU SA om lede asook ander landbouers en plattelandse bewoners te bedien met toepaslike inligting in die vorm van Veiligheidsbulletins waarvan ongeveer 40 reeds versprei is.

Hierdie bulletins ondersteun die Nasionale Landbou Veiligheid Strategie wat vroeg in 2018 op ASUF-vlak aanvaar is en sedertdien jaarliks opgedateer is. Die nuutste weergawe is in besonder belyn met die mees onlangse SAPD Landelike Veiligheid Strategie.

Die ondersteunende Veiligheidsbulletins is grootliks die produkte van persone wat vanuit ‘n praktiese ervaringsveld waardevolle inligting en riglyne beskikbaar stel. Dit is van deurslaggewende belang dat persone wat direk betrokke was of is by die breë spektrum van veiligheidsaangeleenthede, hul toeligting, advies en riglyne soos van toepassing op tipiese landbouverwante veiligheidsaspekte deel met ander wat waarde daaruit kan put.

Vir praktiese doeleindes word gepoog om die Veiligheidsbulletin te beperk tot twee bladsye, maar verdienstelike uitsonderings sal verwelkom word. Insette kan na dienste@tlu.co.za gestuur word en sal met dank erken word.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.