James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Verootmoedigingsondag

Lig in Duisternis Uitgewers poog om op Sondag 24 Julie 2022 soveel as moontlik gemeentes en predikers, ongeag van kerkverband, te kry om dieselfde preek te preek. Jonathan Edwards se lewensveranderende preek wat hy in 1741 gepreek het, is onlangs deur ds. Schalk Strauss vertaal, waarna Sondaars in die hand van ʼn toornige God deur Lig in Duisternis Uitgewers uitgegee is. Die preek handel hoofsaaklik oor die gevaar waarin onbekeerdes hulself bevind.

Edwards het hierdie spesifieke preek twee keer gepreek. Tydens die tweede geleentheid was sy gehoor ʼn groep mense wat nie positief was oor herlewing nie. God het egter die boodskap op so ’n buitengewone wyse geseën en gebruik, dat die uitwerking daarvan oorweldigend was. Die gehuil en gekerm van die aanhoorders was só erg dat Edwards nie eens die preek kon voltooi nie en gedwing was om op te hou met preek. Baie mense het daardie dag tot bekering gekom.

Neem op 24 Julie 2022 aan hierdie besonderse geleentheid van verootmoediging deel deur om jou kopie van Sondaars in die hand van ʼn toornige God teen R50 aan te skaf.

Verootmoedigingsondag

 

Kategorie:

Deel dit:

Verootmoedigingsondag

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.