Te midde van die inperking dui TLU SA se Register van Insidente dat geweldsmisdaad beduidend afgeneem het, maar die voorkoms van diefstal het nuwe afmetings aangeneem.
Die nuutste weergawe van die SAPD se Landelike Veiligheidstrategie sluit vir die eerste keer ‘n addisionele lys van nie-gewelddadige misdade in wat ‘n negatiewe impak maak op winsgewende en volhoubare landbou.
Ongelukkig vereis die verhoogde vlak van wetstoepassing gedurende die inperkingsperiode dat die beskikbare kapasiteit van die SAPD onder ernstige druk verkeer en derhalwe kan polisiëring van landbougebiede nie geskied soos wat die ideaal sou wees. Om sake te vererger het die Minister van Polisie ‘n beperking geplaas op Plaaswagaktiwiteite op openbare paaie. Hoewel daar sprake is dat Plaaswagte nou weer aktief kan voortgaan, he die departement dit tot nou toe nog nie bevestig nie.