Waar word my energie aangewend om ’n toekoms te soek?

Die werklikheid vandag is dat baie mense die sogenaamde nuwe Suid-Afrika ter goeder trou ‘n kans gegee het met ’n oortuiging dat dit kan werk. Hulle het egter nie rekening gehou met die gevolge van die beleidsproses wat sedert 1994 toegepas is nie. Een ding is seker, die ANC was inderdaad eerlik in hul geskrifte en besluite en dit was daar vir almal om te sien. Hul nasionaal demokratiese rewolusie, vryheidsmanifes en Strategy And Tactics dokumente verklaar klinkklaar waarheen hulle oppad is en mense is vandag nog naïef oor die toekoms wat die ANC van elkeen ontneem.

Die aanvanklike utopie, veral rondom ’n wêreldbekeroorwinning en mooi beloftes, het heelparty mense aangegryp en daar was heelwat ondersteuning daarvoor. Die spreekwoordelike padda in die warm water het ook hier ‘n rol gespeel. Deur naïwiteit of in onkunde is die bepaalde beleidsproses ter goeder trou ondersteun en mense het hulself verbind aan aspekte soos transformasie en SEB, want “dit is die regte ding om te doen.” Aspekte soos korrupsie, selfverryking en kaderontplooiing was egter deel van dié pakket.

Die gevolge is daar vir almal om te sien en het teweeggebring dat Suid-Afrika se ekonomie besig is om tot ‘n stilstand te knars. So baie Afrikaners ondersteun die beleidsrigting, soveel so dat baie mense sê ons moet transformeer maar nie regtig weet wat daarmee bedoel word nie, en wat die aksies en implikasies daarvan is nie. Ten spyte van die gevolge van die beleidsomgewing volhard die privaatsektor steeds daarin om sukses na te streef en verdien ’n besonderse pluimpie.

Suid-Afrika se werklikhede begin al hoe duideliker word. Misdaad hardloop weg, die ekonomie kwyn, werkloosheid styg en ons sit tans met ‘n falende infrastruktuur. Ons kan die lysie opnoem. Alle instellings wat funksioneel doeltreffend was in 1994 is nou disfunksioneel – ons kan die vraag vra – noem net een wat effektief funksioneer? Behalwe natuurlik SARS want dit is die regering se melkkoei. Almal het in wanfunksie verval. Alles as gevolg van die ANC se beleid van transformasie.

Die dilemma is nou – mense sukkel om te erken dat hulle in die verlede ‘n fout begaan het, veral met so ‘n gewigtige saak soos dié wat die toekoms van ‘n land en sy onderskeie volkere direk raak. Ons het te doen met die realiteit van ‘n ANC-beleidsrigting wat almal begin inhaal. Die uitdaging vir diegene wat hulself binne hierdie beleidsomgewing geposisioneer het, is hoe hulle daar uit kan kom sonder om aansien te verloor. Hoe kan hulle ander wat gewaarsku het dat hierdie nie ‘n uitkoms is nie en nie ‘n toekoms vir die land en al sy mense kan skep nie in die oë kyk?

Dit is baie moeilik vir mense om te erken dat hulle eintlik heeltyd hul energie gemors het om ‘n sinkende skip te water te laat en te besef hulle sal iets anders moet doen.

Die uitdaging vir almal is nou om vir mekaar beweegruimte te gee en diegene wat ‘n oordeelsfout begaan het deur die ANC se beleidsrigting te steun, nie as verraaiers uit te kryt nie. Hulle bly volksgenote, al het hulle keuses doelbewus of in naïwiteit gemaak, en ons moet berekende debat met hulle voer. Die doel is dat mense moet terugkeer na die werklikheid en onthou dat daar ander waardes in die lewe is wat ons moet navolg en vashou. Waardes wat deurentyd deur ‘n klein groepie mense onderhou is. Waardes wat ‘n volk bou op die Woord van God.

Anders as die waardes wat ons vandag in Suid-Afrika beleef, is dit waardes waarop ‘n toekoms gebou kan word. Die uitdaging vir ons elkeen is om nou aan diegene wat Suid-Afrika se toekoms op ’n ander manier moes hanteer het, die ruimte te gun om van mening te verander.
Deur stilswyend toe te kyk hoe die ANC die land vernietig, maak mens inderdaad aandadig aan die gevolge wat hul bereik. Stilswye is kondonering. Die realiteit dwing almal om nou anders na ons omstandighede te kyk.

Die groot uitdaging vir almal wat gesê het dat ons nie hierdie pad kan stap nie, is om nou groot genoeg te wees om diegene wat die ANC se beleid op welke wyse ookal ondersteun het, toe te laat om hul mening te verander. Dit is duidelik dat dit nie gewerk het nie, kan werk of gaan werk nie. Hulle moet ook die moed hê om te erken dat hulle ‘n fout gemaak het. Maar dit moenie geëis word nie – elkeen moet hulself posisioneer. Party gaan manmoedig wees en vanaf ‘n openbare platform erken hulle het ‘n oordeelsfout gemaak – “ek beweeg terug na die waardes wat sin maak.” Ander gaan dit saggies en stilswyend probeer doen met mooi woordspeletjies. Hulle gaan probeer wegskram van die waarheid dat hulle eintlik per implikasie die beleid ondersteun het, maar nou dit gaan teenstaan omdat dit nie die regte pad is nie.

Tans begin al hoe meer groepe wat tradisioneel ANC-beleid ondersteun het, standpunt inneem en tafel toe kom met ander idees. Enigeen wat krities kan dink besef inderdaad dat die ANC se beleid vernietigend is en nie ondersteun kan word nie.

Ons volgende uitdaging is om dié gedagtes te organiseer sodat ons ‘n toekoms kan bou wat nie aan ANC-beleid onderhewig is nie. Ons moet besluit hoe om mekaar genoegsame ruimte te gee sodat daar sinergie kan wees, ons gedagtes kan toets en weet hoe om die toekoms te bou. Dit moet waardes wees wat ons vir mekaar kan uitspel en verantwoordbaar hou, nie dit wat ons tot nou toe toegelaat het om te gebeur nie.

Ons in die landbou-omgewing het ‘n groot uitdaging met al die groot rolspelers wat hulself openlik tot SEB en transformasie verbind en nie opstaan teen ANC-beleid nie. Indien ekonomies aktiewe Suid-Afrikaners hierdie stroom van denke aanhou navolg, sal daar vir landbou, soos DENEL, SAL en Eskom, nie ‘n toekoms wees nie. Suid-Afrika sal die verantwoordelikheid van ‘n lewe onder die ANC moet aanvaar, en dis nie ‘n toekoms nie.

Dit is moeilik om te glo dat daar steeds mense is wat die ANC se beleid ondersteun, maar die geskiedenis sal elke individu en organisasie beoordeel na aanleiding van waar hulle hul energie aangewend en waarvoor hul opgestaan het.

Dit is belangrik dat ons besef wat ons realiteit is. Om steeds mislukking te probeer bestuur, is nie die antwoord nie. Beproefde beginsels wat tot sukses kan lei moet nagestreef en geimplementeer word. Dit gaan verg dat daar verby die beleidsrigting waaraan ons tans onderhewig is beweeg moet word en ons vir ons toekoms verantwoordelikheid neem.

Dr DF Malan se woorde tydens die inhuldiging van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949 spreek ons elkeen vandag aan:

“Afrikaner, Quo Vadis, waar gaan jy heen? Staan dan stil; en draai terug! Terug na u volk; terug na u volk se hoogste ideale; terug na die pand wat ook aan u toevertrou is om te bewaar; terug na die volksaltaar waarop u, u offers moet lê en as dit geëis word, ook uself as ‘n offerande; terug na die heiligheid en onskendbaarheid van die gesinslewe; terug na u Christelike wandel; terug na u Christelike geloof; terug na u kerk; terug na u God!”

 

Deur Bennie van Zyl

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.