Nog nooit in die onlangse geskiedenis het die belangrikheid van landbou so sterk na vore gekom soos wat nou die geval is nie. Met die inperking het die vloei van voedsel na sekere gemeenskappe reeds begin afneem en het opstande in die verband reeds begin kop uitsteek.
Die waarde van ons kommersiële boere is opnuut beklemtoon en indien enige-iemand tans eerlik is daaroor, sal hul moet erken dat die grootste bate waaroor die land beskik sy produserende kommersiële boere is. Ons kan met trots die toekoms aanpak.
Voedselsekerheid is die belangrikste stabiliserende faktor in die land.