Weeklikse nuusoorsig | 17 Oktober 2019 Donderdag | 17 Oktober | 2019

1. Tel jou seëninge

’n Ryk sakeman hou vakansie in ’n klein vissersdorpie en hy kyk elke dag hoe die een visserman vroegoggend uitgaan en die bodem van sy skuit vul met vis wat hy mark toe vat en die res van die dag sit hy by sy huis rond en speel met sy kleinkinders.   
Die sakeman stap eendag na die visserman en verduidelik vir hom ’n hele sakeplan wat hy uitgewerk het oor hoe die visserman met bietjie ekstra werk later iemand kan kry om vir hom te vang en sy vloot kan uitbrei tot hy uiteindelik sy eie visverwerkingsfabriek kan hê.
Die visserman vra toe vir die sakeman: “Maar hoekom?” “Wel as jy so welvarend is kan ander mense die werk doen en jy kan aftree en met jou kleinkinders speel.”

“Waarom sal ek daardie bekommernisse wil hê; ek speel reeds elke dag met my kleinkinders,” was die visserman se antwoord.
ProAgri se voorbladfoto en ’n hele paar van die foto’s wat boere ingestuur het na die Pioneer Weeg en Wen-kompetisie het my laat dink oor die waardes van die lewe.

Natuurlik strewe ons almal na sukses en om iets na te laat vir ons kinders. Daar is niks fout daarmee nie. Ons moet net so nou dan stilstaan en seker maak ons gebruik tegnologie om te lewe en lewe nie om tegnologie te gebruik nie!
(Hierdie pragtige byna poëtiese stuk os geneem uit die jongste uitygawe van Pro-Agri).

2. Skotte wil volgende jaar weer stem oor onafhanklikheid

Die volledige verslag kan  hier in De Standaard gelees word. Inligting verskaf deur Belga 

Skotse nasionalisme – gaan dit weer “gekoloniseer” word? (Die artikel uit De Standaard verwerk en bygewerk deur Maroela)

Opsomming

Die Skotse eerste minister het pas laat blyk dat sy die Skotte weer referendum wil laat hou oor die vraag of Skotland onafhanklik kan word en so deel van die EU kan bly, of teen hul sin die EU moet verlaat om deel van Brittanje te bly. Maar in weerwil van beloftes van groter outonomie as die Skotte sou besluit om na die vorige referendum Britte te bly, moet die Skotte eers by die Britte toestemming kry vir die hou van so ‘n referendum, en het Premier Boris Johnson reeds aangedui dat dit nie gegee gaan word nie.

Te midde van die taai toffie van Brittanje se voorgenome uittrede uit die Europese unie – ‘n proses wat as Brexit bekend staan, speel ‘n ander dinamika af – die van Skotse onafhanklikheid van die einste Brittanje. En met Boris Johnson as Britse premier, is die aanduidings dat die Katalaanse debakel hom kan afspeel – weliswaar minder gewelddadig.

Lees gerus Maroela se vorige kommentare, hier en hier voor die vorige referendum in 2014, hier en hier  na afloop van die referndum  en hier in die aanloop tot die naderende Brexit.

Ter opsomming, in 2014 kon die Skotte in ‘n referendum om onafhanklikehid (na sowat drie eeue) stem. Brittanje / Engeland het dit teengestaan, en aan die Skotte, Walliesers en Noord-Eiere nog groter outonomie beloof, sou dié lande deel van Brittanje bly. Die Skotte het met ‘n geringe meerderheid teen onafhanklikheid gestem.

Nou wat het verander dat die huidige Skotse premier, Nicola Sturgeon, ’n nuwe referendum in 2020 beplan?

Die antwoord, Brexit.

Met die Brexit-referendum in 2016, het 65 persent van die Skotte gestem om by die Europese Unie aan te bly, teenoor 55% wat twee jaar tevore by Brittanje wou bly. Maar destyds het 48% Britte, Skotte, Walliesers en Noord-Iere ingesluit,  vir Brexit gestem. Die Engelse stem – by verre die grootste blok, het dus die Keltiese wil “demokraties” onderdruk.

Volgens Sturgeon verloor die Skotte nou ongeag of Brexit met of sonder ’n ooreenkoms plaasvind. Daarom glo sy sal die Skotte nou vir onafhnklikheid stem – oa sodat hule lid van die Europese Unie kan bly.

Die kinkel in die kabel is egter dat die Skotse regering eers toestemming vir so ’n referendum by die Britse regering moet gaan vra, en die ooreenkoms met Katalonië se aspirasies teenoor die “koloniale” houding van Spanje teenoor die Kataloniërs, skemer deur. Stugeon het beloof dat sy Brittanje vanjaaar nog sal nader vir die referendum, maar die Britse prwemier, Johnson, het reeds aangeduio dat die toestemming nie gegee sal word nie. Johnson het ’n repuasie van min erg hê aan minderhede se aspirasies.

Onder die meer magte wat na die 2014-referendum aan die Skotte beloof is, en so aanbeveel deur die Smithkommissie, was groter fiskale outonomie. Die Britse LP’s het volle fiskale outonomie egter afgestem, en min oor die uitgebreide Skotse magte is hierna gehoor.

Gaan dit Skotland baat om eerder lid vandie EU te wees as deel van Brittanje?

Dié somme is baie kompleks, maar hoewel die opvatting bestaan dat Brittanje Skotland subsidieer, dui  Quora eerder op die teenoorgestelde. Hiervolgens dra Skotland £52 miljard tot die Britse ekonomie by, en ontvang jaarliks £37 miljard pond. Die Skotse olie- en gasbronne sterk ook die Britse se skatkis meer as die Skotse.

Hierteenoor dra Skotland se ekonomie jaarliks £455 miljoen  tot die EU se begroting by. Die EU dra egter veel meer by tot die Skotse ekonomie. Dit kom in verskeie vorme, en die grootste bydrae kom in die vorm van landbouondersteuning, wat alleen reeds £500 miljoen jaarliks beloop. Strukturele ondersteuning beloop £500 miljoen, terwyl nog reuse bydraes uit ander fondse kom.

(September 2018 se syfers).

Veral teen die agtergrond dat Skotland se oliebronne in die Noordsee nie vir altyd sal hou nie, lyk dit op die oog af asof Skotland meer gaan baat uit Europese as Britse lidmaatskap.

Intussen bly Skotland ‘n belangrike barometer vir Suid-Afrika oor die vraag waar ‘n persoon se grootste lojaliteit behoort te lê, veral as hy lid van ‘n minderheid is. In Suid-Afrika word die vraag gereeld gevra of ‘n persoon byvoorbeeld eerstens ‘n Suid-Afrikaner, en dan ‘n Afrikaner is. Is ‘n Skot eerstens ‘n Skot, of eerstens ‘n Brit?

‘n Referendum sal antwoorde verskaf.

3. Goud teen kanker ‘n wenner

Nuwe, goudgebaseerde molekules blyk veiliger en meer doeltreffend te wees as die bestaande platinum-gebaseerde molekules. Voorlopige toetse dui daarop dat die nuwes tot 24 keer meer doeltreffend kan wees as die reeds belowende platinum-gebaseerde molekules. Die navorsing word nou toegespits op vier soorte goudgebaseerde molekules.

Die afgelope paar dekades is die platinum-gebaseerde cisplatin wat veral doeltreffend teen kanker van die testikels is, met ‘n suksespersentasie van 90%, ingespan.

Die toetse dui aan dat die vier goudgebaseerde molekules ook doeltreffend kan wees teen prostaatkanker, bors- en servikale kanker, melanoom- en kolonkanker. Die middel blyk in toetse op diere dat dit die groeitempo van gewasse met 46,9 persent kan laat afneem, teenoor cisplatin wat dit met 29 persent laat vertraag.

Die volledige verslag kan hier gelees word.

4. Metaan weer onder loep met klimaatsverandering

Metaan speel ‘n belangrike rol in die klimaat, en dit word deur beide menslike prosesse en natuurlike prosesse in die atmosfeer vrygelaat. Om die invloed hiervan te kan bepaal, moet vasgestel word hoeveel metaan in die atmosfeer vrygestel word, So kan die atmosferiese metaansiklus ook hegter bereken word.

Lees meer oor die onderwerp hier.

5. “Oom Paul” het straks komeet na aarde toe “uitgeskop”

Poolse wetenskaplikes meen hulle kon vasstel watter ster slegs die tweede buiteruimtelike besoeker aan ons sonnestelsel, uitgeskop het. Die komeet, 2I/Borisov se roete deur die diep ruimte is teruggespoor en daar is vasgestel dit kom waarskynlik van ’n dubbeldwergter-stelsel bekend as Kruger 60. Dit is 13,15 ligjaar van ons stelsel af.

Uit die berekeninge is vasgestel dat die komeet ’n miljoen jaar gelede deur die middel van die Kruger 60-stelsel beweeg het. Uit die huidige bewegingsnelheid van die komeet was dit moeilik om die snelheid terug te projekteer omdat dit vertraag word soos die ys daarop nader aan die son begin smelt, die gas soos straalenjins gas uitblaas en die komeet rem.

Dit het toe dit deur die Kruger 60-stelsel beweeg het slegs 3,43 kilometer per sekonde beweeg. Die relatiewe stadige spoed dui daarop dat dit nie bloot by Kruger 60 verbygetrek het nie, maar dat dit daar soos ons eie komete tuis, om die dwergsterre gereis het. Die stelsel het so ver vasgestel kan word, nie planete nie. Gewoonlik is ’n groot planeet nodig om ’n komeet te vang, te versnel en met genoeg spoed, bekend as ontsnapspoed die ruimte in te skiet.

Die wetenskaplikes het gemaan dat hierdie bloot ’n voorlopige bevinding is, en ook nog nie aan ’n portuuroorsig onderwerp is nie. Die artikel is slegs enkele dae voor Paul Kruger se geboortedagherdenking aanlyn gepubliseer.

Die sterre is in 1873 na die Duitse sterrekundige Adalbert Kruger vernoem.

(Intussen is berig dat navorsers wat die komeet bestudeer, nog nie enige beduidende verskil van ons sonnestelsel se komete kon vasstel nie, maar eerder net ooreenkomste.)

https://arxiv.org/abs/1909.10952

https://www.space.com/mysterious-comet-interstellar-krueger-borisov.html

https://www.universeguide.com/star/kruger60

6. Reeds sowat 30 ruimtevaarders die afgelope 50 jaar deur hul werk dood, maar net drie in die ruimte self

In die afgelope 50 jaar van die ontwikkeling en beoefening van ruimtevaart het reeds sowat 30 ruimtevaarders die lewe gelaat. Net drie van die sowat 550 wat suksesvol tot in die ruimte gelanseer was, is egter in die ruimte self dood, die ander het almal gesterf terwyl hulle nog op moederaarde was, of terwyl hul tuie nog in die ruimte was. Dit beteken hulle was nog nie meer as ‘n 100 kilometer van grondvlak as nie – ‘n gebied bekend as die Kármán-lyn.

Die bekendste vroeë sterftes was toe Apollo 1 in Januarie 1957 op die grond aan die brand geslaan en drie ruimtemanne aan boord verkool het.

Die drie wat in die ruimte self dood is, was drie Russiese ruimtevaarders wat in 1971 vir drie weke suksesvol aan boord van die splinternuwe Russiese ruimtestasie,  Salyut 1, deurgebring het. Met hul terugkeer op aarde wat skynbaar seepglad verloop het, is hulle dood in die kapsule aangetref. Dit het geblyk ‘n seël onder hul sitplekke het gebreek en die lug in die kajuit is uitgesuig.

Intussen is berig dat die eerste ruimtewandelaar, Alexei Leonov, in die ouderdom van 85 oorlede is. Maar byna was hy deel van die statistiek van ruimtemanne wat in die ruimte dood is. Hy was in 1965 met die eerste ruimtewandeling ooit besig toe daar fout met sy ruimtepak gekom het, en hy die druk moes uitlaat om weer terug in die kapsule te kom.

http://www.astronomy.com/news/2019/10/how-many-astronauts-have-died-in-space

http://www.astronomy.com/news/2019/10/alexei-leonov-first-person-to-walk-in-space-dies-at-85

7. Oer-New York van die Bronstydperk ontdek

Argeoloë het bekend gemaak dat hulle die oorblyfsels van ‘n stad van sowat 5 000 jaar oud sowat 50 kilometer noord van Tel Aviv in Israel ontdek het. Tel Aviv is digby die plek geleë waar die antieke Joppe / Jaffa geleë was en waar Jona aan boord ‘n skip gegaan het.

Die argeoloë het boonop op die oorblyfsels van geboue wat 7 000 jaar oud is onder die latere stad gevind.

Dié stad was ongewoon groot vir sy ouderdom, en het sowat 6 000 inwoners gehad, en die stad het sowat 160 hektaar beslaan. Nedersettings destyds, in die Bronstydperk, was meestal yl bewoonde gehuggie. Die Bronstydperk het van ongeveer 3 200 tot 1 200 vC gestrek.

Die stad was goed beplan, met areas vir bewoning en oop ruimtes, met state en wandellane. ‘n Fortifikasie en dele van ‘n tempel is ook gevind, asook potteware, dele van standbeelde en gereedskap. Gebrande bene wat waarskynlik die oorblyfsels van diere is wat geoffer is, is ook gevind.

Die argeoloë het die stad as die Jerusalem van die Bronstydperk beskryf.

Die “New York” was egter nie naastenby die oudste stad in die wêreld of selfs van die omgewing nie. Jerigo is na raming 11 000 jaar oud en ding wat ouderdom betref boonop mee met die Siriese stede Damaskus en Aleppo.

https://www.dw.com/en/bronze-age-new-york-discovered-israeli-archaeologists-say/a-50716230

8.Oom Herrie se kerrie: Oom Pat moet vasbyt

Oom Pat, byt vas. Ons moet nog iets saamdoen.

Oom Pat en sy vrou, tannie Lenie Bolton, was nie Sondag nie in die kerk nie, toe ek en my gesin die eerste keer in seker meer as drie jaar, en na stywe kankerbehandelings, weer kerk toe is. Ek het hulle gemis. Met die afkondigings is net gesê oom Pat is in die hospitaal. Na die diens hoor ons dis die eerste keer in sy amper 90 jaar dat hy in die hospitaal is. Daar moet nog toetse gedoen word, maar dit het in daardie stadium nie gelyk of dit kanker is nie. Oom Pat was ons eerste ouderling toe ons by hierdie gemeente van die Hervormde Kerk lidmate geword het.
Nou die oggend bel Joan vir tannie Lenie om te hoor hoe dit met haar en oom Pat gaan, Nou klink dit of dit wel kanker kan wees. Die gewas is in die kolon, maar sê sy, het nog nie versprei nie. Hulle wil dit nou met chemo behandel sodat dit kan krimp sodat dit geopereer kan word. Daar word nog op een toets se uitslae gewag.

Oom Pat en tannie Lenie het gereeld na ons welstand verneem. Hulle het self ‘n groot familie wat al tot by agterkleinkinders strek, en wat taamlik landswyd woon. Saam-saam is hulle al deur diep water. Van omtrent elke geslag moes al finaal van iemand afskeid geneem word. Die agerkleinkind wat in die swembad verdrink het se dood het die koerante gehaal.
Vir jare was Piet de Bie, ‘n oud-kollega, die bekendste kankergeval in die gemeente. Vier jaar gelede het hy vir my gesê hy het al 25 jaar kanker. In daardie tyd het hy bestraling gehad, chemo en operasies. Hy wou graag kerk toe kom, maar kon nie. Voorverlede Donderdag was ons by sy begrafnis. Die eerste keer in jare wat ons in die kerk was.

Sondag was ons in die erediens.

Ons, en veral, ek is hartlik in die diens verwelkom – in dieselfde diens waar oom Pat se hospitalisasie genoem is.

So uit die vuis kan ek nie onthou van watter nasie oom Pat ‘n afstammeling is nie – ek weet net dit was een van die nasies van die Britse Eilande. As jong man het die “Engelsman” vir tannie Lenie ontmoet, en hy het vir alle praktiese doeleindes ‘n Boer met ‘n Britse naam en van geword. Ook lidmaat van die Hervormde Kerk, Met sy welige wit baard en wit das het hy so gereeld soos klokslag sy plek in die ouderlingsbank gaan inneem. Nie die wit das of die ouderlingsbanke is eintlik meer in gebruik nie, maar met sy groot gestalte en wit das kon hy nie misgekyk word nie. Oorkant, aan die ander kant van die kerk, het tannie Lenie dikwels haar sitplek by die diakens ingeneem.

Verskoon dat ek nou so onwillekeurig in die verlede tyd skryf. Toe ons lidmate by oom Pat se kerk geword het, is daar ‘n gemeentebraai bydie kerk gehou. My oë het amper omgedop toe ek sien wat hy man-alleen van daai bakkie van hom afgelaai gekry het. En dis ook nie een van daai padpoefterbakkies wat sy stert amper op die grond sleep nie. Nee, dis ‘n meneer van ‘n bakkie waar vrag hoog afgelaai en opgelaai moet word. Oom Pat mag een van die oudste mense in die kerk wees, maar ek weet darem nie of iemand hom daai aflaaiery sou kon nadoen nie. Ek was ‘n entjie weg, en het nader gehardloop om te kom help, maar toe ek daar kom was alles klaar afgelaai.

Toe kom die groot “K”, of eintlik die twee “K”‘s, my besoek en nou klaarblyklik syne.

Oom Pat moet vasbyt. Ek wou nog graag iets saam met oom doen. Nee, nie die Comrades saam gaan kafdraf nie, soos ek by geleentheid vir ‘n ander pasiënt gesê het. Ek en Joan wil begin rolbal speel, maar ek kan my beswaarlik oom Pat agter ‘n rolbal sien hurk en korrel. Maak hulle ooit swaar genoeg balle wat oom Pat nie per ongeluk bo-oor al die bane sal slinger, bo-oor die krieketveld langsaan tot op die rugbyveld daar anderkant nie?

Wilde donkie ry, is iets wat meer realisties in my kop opkom, maar ek is nie so seker van of ek nog daarvoor sal kans sien nie. Deesdae se donkies is boonop so wetsgeleerd. In plaas van om die onwelkome ridder met bokspronge te laat harpuis ruik, kan die ding mos reguit op die naaste doringdraad afpeil, en dan soos ‘n July-kwalifiseerder al langs die draad afsit en die ruiter se been repies-repies soos biltong aan die dorings laat hang. Dan verkas die ruiter self so gou as wat hy kan.

Oom Pat moenie warrie nie, Ek sal daai berugte hysbakke van Universitas tot op die 7de vloer aandurf, en kom kuier. Dan verneem wat oom reken ons saam kan doen. Dalk springhase gaan ja(a)g? Dalk rondloper-luiperds gaan vang en terugbesorg. Dalk nou nie soos daai jagter van die eertydse Oranjejag wat gestuur is om die luiperd wat by Aldam ontsnap het, te gaan vang nie. Hy het met ‘n streepsak en briljante plan op Merino aangekom – hy sou die luiperd in ‘n boom injaag, en dan die gedierte aan sy stert trek en hom in die sak laat val. Gelukkig was die luiperd al vort. Maar al is oom Pat ‘n duisend keer meer bekwaam as daai “jagter” sal hy nooit so ‘n onsinnigheid aanvang nie. Ek is ook nog lank genoeg nie so fiks en my bene bekwaam genoeg om so vinnig so ver te kan hol om uit die bont kat se tande te bly nie.

Oom Pat, ons bid dat die Here oom nog heeltemal gesond sal maak en nog baie jare spaar. Wat moet dan ook van die gemeente word as oom nie meer daar vanuit die ouderlingsbank so ‘n wakende ogie hou nie?. En baie sterkte tannie Lenie. En saam met tannie Lenie die dominee by te staan wanneer hy vir siek mense gaan tuis Nagmaal te bedien nie. Soos daai aand toe dr. Nel vir ons ‘n onvergeetlike Nagmaal kom bedien het.