Weeklikse nuusoorsig 21 November Donderdag | 21 November | 2019

1. Klimaat in die nuus

Die VSA het pas by die VN kennis gegee dat dit uit die Parys-verdrag oor klimaatsverandering onttrek, die gouste wat dit kon geskied nadat pres. Donald Trump reeds voor sy verkiesing gesê het hy gaan die VSA onttrek. Die uittrede sal nou ook eers oor ’n jaar kan geskied. Literatuur is ook nou volop, uit sowel ’n ontkennershoek (lees Climate Myths) en deur diegene wat dit aanvaar, maar wie se saak weer deur alarmiste bemoeilik word, soos die voorspelling dat die eerde nog net 12 jaar het voor die vreeslikse noodlot aanbreek. In die artikel hieronder word na ’n aspek hier naby ons, die Okvango-delta in Botswana gekyk.

Lees gerus mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA se artikel, OSV in grondwet gewettigde diefstal

https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/osv-in-grondwet-is-inderdaad-gewettigde-diefstal/

2. Erfenisbewaring – SA kan by Botswana leer

Die Okavango-delta in Botswana was onlangs onregstreeks in die nuus, nadat navorsers die Wieg van die moderne Mensdom na die Makgadikgadi-panne, wat in oorvloedjare met die delta verbind is, met genetika teruggespoor het.

Destyds was die Makgadikgadi deel van ’n reuse meer van sowat 30 meter diep, wat metteryd begin opdroog het nadat die meer na die noordooste begin uitloop het, en so die Zambezi se bo-loop wat in die meer uitgemond het, en die benedeloop verbind het. Die Kunene, wat ook in die meer uitgemond het, het ’n loop wat van die see af deurgebreek het, begin volg, en so is die watertoevoer ook verminder.

Sedert 2014 is die delta weens sy uniekheid ’n Unesco-wêrelderfenisgebied, en dit sorg vir 13% van Botswana se BNP. ’n Verskeidenheid natuurwonders het gesorg vir die wonderwêreld in ’n halfwoestyngebied. Aardkors-verskuiwingsvlakke as voortsetsel van die Oos-Afrika-skeurvallei het die gebied effens laat wegsink en ’n holte gevorm. Die talle eilande is weer die gevolg van termiethope wat verweer het en naderhand eilande kon vorm. Die water is vars, al is die grond in die middel van die eilande baie sout, omdat die bome en ander plantegroei op die eilande ’n soort korridor om die eilande gevorm het wat sout eenkant, en die deltawater aan die ander kant uit mekaar hou.

Tog vind prosesse reeds plaas wat op die duur die wonderwêreld bedreig. En ja, dié keer speel die mens ’n rol, anders as toe moeder natuur op allerlei maniere samgespan het om die ou binnelandse meer, soms selfs ’n see genoem, te laat opdroog.

Die twee huidige toevoerriviere, die Cubango en Cuito wat uit Angola kom, word toenemend vir besproeiingsboerdery gebruik , terwyl die warmer klimaat verdamping in die hand kan werk. Atesaam 98 persent van die water in die delta verdamp of gaan deur transpirasie verlore. Botswana kan self niks aan een van die twee faktore doen nie.

En sou die delta, soos die Makgadikgadi, wat eens so groot was dat dit as binnelandse see beskryf word, ook tot net panne wegkwyn, is dit nie net ’n onbegryplike groot natuurramp nie, maaar ook ’n ekonomiese ramp.

Sedert 2018 beskik Suid-Afrika nou al oor tien wêrelderfenisgebiede. Ongelukkig lyk dit of Suid-Afrika oor veel beter bemarkers beskik om UNESCO oor te haal om sulke gebiede tot wêrelderfenisgebiede te verklaar, as om na die beste bewaringsbelange van die gebiede om te sien. Kort-kort brand Tafelberg, en indringerplantegroei word dikwels geblameer. Die indringers word ook deels geblameer dat die waterstrome nie soos van ouds vloei nie, en boonop dit wat wel vloei, se drinkbaarheid erg aantas. Selfs die akwafirs wat eendag dalk Kaapstad in waterskaarstye van waardevolle bykomende waterbronne moet voorsien, kry minder aanvullende water omdat die watervraat indringers dit onderskep.

Bewaringskundiges wend hulle gereeld tot hul kuberpenne om te skryf oor hoe die Vredefortkoepelgebied ten gronde gaan. Selfs die geboue wat spesifiek opgerig is om die koepel te ondersteun, is daar gereeld mee skroewe los. Boonop vloei die Vaalrvier, wat hopeloos besoedel is, deur die koepel. En as iets verkeerd moet gaan, wys die vingers na mense wat nie net iets daaraan kon doen nie, maar daarvoor verantwoordelik was. Dis ’n skande.

Nuuskommentaar: 18 November (Erkenning, Pretoria FM)

https://www.pretoriafm.co.za/af/okavango-les-vir-sa-in-bewaring/

3. Gaan die tegnologieborrel bars?

Die borrel gaan bars! So het almal gesê toe wildspryse deur die dak geskiet het en mense op loop gegaan het met eksotiese kleure en kruisings van wild. Daar was toe nooit een harde slag nie, maar mense het hulle vingers verbrand en die mark het bedaar. In ons verlede was daar volstruispaleise en karakoelkonings. Dit het ook nie vir ewig gehou nie.

Hoe weet ’n mens of ’n prys of neiging volhoubaar is, of net ’n mode of uitskieter? Empire, ’n Brahmanbul, is onlangs vir R625 000 verkoop. Hy is reeds ’n vader van 211 en ek vertrou dat sy vrugbaarheid die nodige vrugte sal dra vir sy nuwe eienaar, maar ek glo darem nie dat dit gou die algemene standaardprys vir ’n bul sal word nie.

Een neiging in landbou wat klaarblyklik geen omdraaikans het nie, is dat toerusting groter en slimmer word.

Ons voorbladnooi hierdie maand is ’n Jumil-planter wat 18 meter wyd loop en 39 rye mielies op ’n slag kan plant. Daar is ook ’n artikel oor ’n LEMKEN-planter wat vanuit een plantereenheid ’n verspringende dubbelry saad kan vestig met ’n band kunsmis in die middel. Ons berig oor nuwe trekkers met ingeboude selfstuur- en kommunikasietegnologie en oor selfoontoepassings wat plaasbestuur na jou vingerpunte neem.

Ek was so bevoorreg om ’n skelm voorkykie te kry na die nuwe John Deere 8R-reeks ook. As jy op ’n lugkussing wil dryf en kyk hoe ’n rekenaar jou werksverrigting optimaal beplan terwyl vier rusperbande korte mette maak van enige struikelblok in die pad, dan moet jy maar solank jou spaarbussie begin volmaak!

Landbou beweeg in ’n tegnologieparadys in waar Elon Musk met sy ruimteskepe tuis kan voel. En tog kom ons maar elke keer terug aarde toe, want soos die een boer op die Brasiliëtoer gesê het, dit maak nie saak hoe slim die planter is nie, as die staal waarvan dit gemaak word nie van goeie gehalte is nie, help dit niks!

Dit is vir ons heerlik om oor al die tegnologie te skryf, maar altyd met die besef dat alles niks help as dit nie reën nie, as die pryse nie reg is nie en as ons boere nie veilig met hulle werk kan voortgaan nie.
Uit Pro-Agri. Lees volledige uitgawe https://www.proagri.co.za/proagri-237/

Nota: In die artikel hierbo word melding gemaak van wild wat in eksotiese kleure geteel is. Dit kom ook ter sprake in ‘n artikel oor die Suid-Afrikaanse wildboerdery hier wat op die oog af polities die regering oor “grondhervorming” simpatiek gesind is. Die syfers hieroor wat die navorser gebruik, is in disppuut. Die artikel moet dus met ‘n knippie sout genem word.

4. Belowende kankernuus

Die Parker-instituut by die Universiteit van Pennsylvanië het vir die eerste keer in die VSA daarin geslaag om gene so te verander dat dit gebruik kan word om kanker mee te beveg. Drie pasiënte is hiermee behandel, en goeie resultate is behaal. Dit lyk ook of dit veiliger is en met minder newe-effekte geskied as chemo.

Die doel van dié koers wat nou ingeslaan word is om die liggaam se eie “soldate”, die T-selle, so te verander dat hulle kankerselle as vyande herken en aanval.

Ek wys lesers daarop dat die eksperimente nou eers by die vroeë uitslae van fase 1 van die kliniese toetse trek. Geen melding word van publikasie in ’n vaktydskrif of ’n portuuroorsig gemaak nie. Daar is egter reeds ander navorsing gedoen om T-selle so ver te kry om kankerselle te herken en aan te val. Daar is onder meer ook navorsing om nannotegnologie in te span om goue nanno-tuigies te gebruik om kankergewasse binne te kan dring, en van daar die kanker te takel. Ek self het twee kankers waarvan die een as ongeneeslik beskryf word, en het daarom baie belang by belowende nuwe navorsing. Die artikels word geskryf om hoop, sonder oormatige verwagtinge te bring en die doel is ook om hierdie artikels in te sluit by die uitbreiding van my selfgepubliseerde boekie, Chemo-kamerade. Lees gerus meer by https://theconversation.com/how-gene-edited-white-blood-cells-are-helping-fight-cancer-126806

5. Palestyne vuur baie vuurpyle op Israel af

Volgens die nuustste nuusbrief van die Christian Coalition of America het Hamas, die Palestynse Islamitiese Jihad en ander Palestynse terreurgroepe altesaam 250 vuurpyle in suidelke en sentraal-Israel ingevuur. Min beserings is aangemeld maar aansienlike skade is aangerig. Israel se Ysterkoepel-verdedigingstelsel het vermoedelik sowat 90% van hierdie vuurpyle in die lug afgeskiet.

Lees volledige berig http://www.cc.org/commentary/more_they_can_afford?utm_source=feedburner&utm_medium=email&utm_campaign=Feed%3A+christiancoalition+%28Christian+Coalition%29

6. Onlangse nuuskommentare van Maroela Media

Is onlangse kritiek op howe vir “ongrondwetliek uitsparake” geregverdig of minagting van die hof?

https://maroelamedia.co.za/nuus/nuuskommentaar/nuuskommentaar-is-kritiek-op-howe-vir-ongrondwetlike-uitsprake-geregverdig-of-minagting-van-die-hof/

Wat sou gebeur as Vrystaatse hoofstad Kwersfees sonder water is?

https://maroelamedia.co.za/nuus/nuuskommentaar/nuuskommentaar-wat-sou-gebeur-as-vrystaatse-hoofstad-kersfees-sonder-water-is/

Objektiewe joernalistiek, selfsensuur en betaalmure

https://maroelamedia.co.za/nuus/nuuskommentaar/nuuskommentaar-objektiewe-joernalistiek-selfsensuur-en-betaalmure/

Minderheidsregte. Waarom vorm België so moeilik ’n federale regering?

https://maroelamedia.co.za/nuus/nuuskommentaar/nuuskommentaar-minderheidsregte-hoekom-vorm-belgie-so-moeilik-n-federale-regering/

Hoeveel tyd nog vir meningsverskille oor klimaaat, ideioologie en die geskiedenis.

https://maroelamedia.co.za/nuus/nuuskommentaar/nuuskommentaar-hoeveel-tyd-nog-vir-meningsverskille-oor-klimaat-ideologie-en-die-geskiedenis/

Nota: Al Maroela Media se nuuskommentare, van die jongste tot die oudste, kan gelees word by https://maroelamedia.co.za/kategorie/nuus/nuuskommentaar/

7. Ruimtenuus

Nasa kry vennote vir maanlandings

Nasa het nog vyf firmas uitgesoek wat saam met nege ander wat reeds voorheen gekontrakteer is om allerlei vragte na die maan te neem, sal meeding. Die firmas se tuie en toerusting wissel van geweldige groot tuie, tot heelwat kleiner. Die toerusting wat maan toe geneem word sal latere bemande sendings moontlik maak, en as vorbereiding dien om ’n permanente teenwoordigheid van mense op die maan moontlik te maak. Dit bied ook die geleentheid om kundigheid te ontwikkel om mense teen 2030 na Mars te stuur.

Nasa beplan om teen 2024 die eerste vrou en ’n aantal manlike ruimtevaarders na die maan te stuur.

Deur van ander firmas gebruik te maak, wil Nasa die reise na die Maan in wese privatiseer. Die private tuie sal benewens vragte van Nasa, ook vragte van ander private maatskappye na die maan kan neem, en so kostes verminder, veral vir Nasa en die belastingbetalers.

Die vyf firmas wat nou om Nasa-kontrakte sal meeding is

Blue Origin,
Ceres Robotics,
Sierra Nevada Corporation,
SpaceX,
Tyvak Nano-Satellite Systems Inc
https://www.space.com/nasa-picks-spacex-blue-origin-private-moon-lander-companies.html

Donker Materie nou met anti-materie gesoek

Terwyl modelle toon dat daar met die oerknal ewe veel materie en anti-materie geskep moes gewees het, is anti-materie egter baie skaars. Dit kan egter deur die mens vervaardig word, anders as die geval met donker materie wie se bestaan nog nie eens bewys kan word nie.

Die massa van die heelal dui egter aan dat donker materie wel moet bestaan, en wel waarskynlik vyf keer meer as gewone materie.

Tot dusver is materie gebruik in die soektog na donker materie, maar donker materie bly steeds afwesig. Nou gebruik navorsers by Cern se Baryon Antibaryon Symmetry Experiment (BASE) anti-materie. Die navorsers probeer nou ’n verband vind tussen die ongelyke hoeveelhede materie en anti-materie en donker materie. Die vraag bestaan steeds oor waar al die anti-materie dan heen is.

In die eksperiment word materie met anti-materie vervang, en dan fyn dopgehou om te kyk of iets gebeur. Hoewel nie verwag word dat iets opgemerk sal word nie, word gevoel die eksperiment is nie ’n tydmors nie. Sou daar wel ’n sein wees, sal dit as ’n groot deurbraak beskou word omdat so ’n sein sou help om dnker materie te vind – maar terselfdertyd talle nuwe vrae sou skep.

https://newatlas.com/physics/cern-antimatter-hunt-dark-matter/

8. Oom Herrie se kerrie: Die tegnologie se lekkerte en onlekkerte

“As daar nou ’n ding is wat my die swernoot in kan maak, is dit tegnologie wat goed en lekker werk, maar dat opgegradeer word sodat jy die ding weer van voor af moet uitpluis,” sug oom Herrie terwyl hy ook allerlei onpubliseerbare woorde uiter. Omtrent soos sy oorlede skaanpa gemaak het as hy aan die trekker se ratkas gewerk het. Daar is seker nie nog ’n ding wat mens se bloed kan laat koop soos om aan ’n ratkas wat uitgeglip het te moet sit en werk nie.

………………………………………………..

Min dinge kan ’n boer so moedeloos maak soos ’n trekker se snottel wat (al weer) weg is. Want ’n trekker sonder snottel is omtrent soos ’n gaskannetjie sonder sy stukkie gereedskap waarmee die kannetjie oopgedraai moet word. Of soos om ’n amper nuwe kar te koop, en op pad om te gaan vakansie hou, ’n pap wiel te kry. En wanneer jy die domkrag en alles ingespan het, agter te kom die kar se wielspênner pas nie op die kar se wielm(*&re nie!. Maar die Isuzu wat stilgehou het om te help, s’n pas perfek op die BMW s’n.

Kyk, ’n boer wat self, by wyse van spreke, sy hand aan die ploeg slaan, en nooit ’n kragwoordjie uiter nie, gaan so reguit hemel toe soos kan kom. ’n Mens moet eintlik spesiaal geneties aangepas wees daarvoor. Sedert die eerste windpomp in die land opgerig is, kan ek my nie indink dat daar al meer as ’n handvol boere die windomp op is om ’n herstelwerkie te gaan doen, en sonder om ’n enkele skewe woordjie te geuiter het weer daar afgeklim het nie.

Verbeel jou: “Eina jou unieke stuk staaf! Oe einatjie togie, my pragtige vinger is byna morsaf. Ek gaan nog poefie van die pyn!”

Nee regtig, ek het ’n neef wat vroeë jare sou sou gepraat het – om die waarheid te sê, voor hy skool toe is. Op die een of ander manier het hy nooit vloekwoorde aangeleer nie. As hy dan vir iemand kwaad word, dan gil hy dinge soos: “Jou hamer! Jou skroewedraaier!, Jou pik!” Nie eens “stomp skroewedraaier” of “vlenterse pik” nie.

Maar kwaad was hy kwaad genoeg om sy mond behoorlik te kon uitspoel …as hy die &^%$en woorde net kon onthou.

Nee kyk, om op ’n plaas onmooi woorde te gebruik is by voorbaat versagende omstandighede. Soos daai keer toe skoonpa ’n splinternuwe vyf-fase elektriese kabel ooprol om dit die eerste keer te gebruik. Maar krag anderkant uitkom kom daar nie krag uit nie. Speurwerk bring aan die lig skoonpa was nie al een wat nuuskierig was nie. Jim was nog nuuskieriger en het die draad gaan uitrol om te toets, en was nog besig met die regmaak toe kom loop ry Dampiesman met die trekter oor die &^%en draad.

Skoonpa toets die drade een vir een. Drie werk darem nog…

Ek selwers het darem nie heeltemal twee linkerhande nie. Houtwerk, loodgieterswerk, elektriese werk en ’n paar aander goed is lekker. Wag, ek lieg mos nou. As ‘n mens loodgieterswerk kan doen, beteken dit nog nie dis die lekkerste joppie op aarde nie. Ek het nie die grootste hande wat daar is nie, maar die boeregrypers is steeds byna altyd te groot en greed om in te pas waar ’n mens moet werk. ’n Spênner kan ook amper nooit gedraai word sonder dat die velle op die agterkant van die hande weens die te klein spasie in die slag bly nie. En as ’n stukkende pyp oopgegraaf moet word, sal die grond so droog en hard wees die pik maak net sulke geluide – dwiengng, en tjip net ’n brokkie van die grond af op. En dit na mens nou alles ingesit het om te slaat dat jy self hik.

Nee kyk, as mens daai soort werk doen, en geen skewe woord ooit gesprak het nie, dan is dit omdat jy nie kan praat nie, of nie kras woorde ken nie.

Ons jongste is outisties, en het ’n baie beperkte woordeskat, en spreek dit wat hy wel ken baie moeilik uit. Kleintyd neul hy by ons, hy wil ’n “obisan” hê. Ons kan nie verstaan nie, en moedeloos gaan teken hy toe maar een. Dit blyk toe ’n “officer” (meer spsifiek ’n polisiebeampte te wees. Op ’n dag neul hy weer oor ’n “twakie.” Weer is pa en ma nie begaafd genoeg om te verstaan nie. Uit afvalpapier gaan maak hy toe een, wat blyk ’n drakie te wees. En Twakie is sommer sy beste speelmaat. Op’n dag pluk hy Twakie uitmekaar, en gaan vreeslik aan die werk – en siedaar, ’n nuwe Twakie so groot soos hy self. Vandag is hy ’n heel vaardige skilder en keramiekwerker. Ja, Pa het op Vadersdag oplaas ’n koffiebeker gekry wat net die regte grootte is. Nog ’n sentimer groter kon dit dien as sement-plaasdam, maar van keramiek.

Ons was egter altyd bang hy sou nou juis vloekwoorde loop staan en opdoen, maar gelukkig, so ver ons weet het dit nog net een keer gebeur – en die woord daarna dadelik vergeet.

So pa kan nou, as hy soggens hier van drie- of vieruur begin werk, heerlik teug aan ’n kommetjie gat. Ja, oupa se grootwordwêreld daar in die Namakwaland in het mos koffie gat loop staan en roep.

Boonop, so sê ‘n Amerikaanse proffie, is vloek deesdae nie meer so erg nie. Jong volwassenes wip hulle meer meer as hulle met sekere woorde beklad word. Lees hier.

9. Die naaste

“…het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?

Luister, my liewe broers! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie?”

Jakobus 2: 4 – 5