Weiding is op, ons diere tel houtjies op: Ondersteun boere in droogtegeteisterde areas

TLU SA stel vandag ‘n veldtog bekend waarmee Suid-Afrikaners versoek word om ons boere in droogtegeteisterde areas te ondersteun.

In die hartjie van die droogte staar ons boere ‘n opdraande stryd in die gesig om hul diere te voer. “Ons het dusver nog nie ‘n druppel reën in die Koedoesrand omgewing gehad nie. Daar is nie ‘n grassie in sig nie,” sê Danie Prins, TLU SA Noord Streekbestuurder.

Verbeel jou dat jy ‘n vyfde generasie boer is wat moet toesien hoe jou diere een vir een neersak. Dis ‘n fisiese pyn wat jou laat krul. Die emosie wat boere ervaar wanneer hulle diere vrek is egter nie die enigste impak van droogte nie. Daar is ook die skuldlas wat gepaard gaan met die voortdurende aankoop van voer vir hul diere – ‘n las wat deurentyd meer word. Sommige boere besluit om eerder hul brandmaer diere te slag omdat hulle nie die diere wil sien ly nie.

Droogte raak egter nie net ons boere nie. Dit raak plaaswerkers, families, gemeenskappe, die bedryf, en voedselsekerheid. Dit raak die hele Suid-Afrika.

“Landbou in Suid-Afrika het ‘n sterk geskiedenis wat deur die sukses van familieboerderye gedryf is. Dit is hierdie boerderye wat vandag nog vir die landbousektor se enorme bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) sorg. Dit is ook hierdie kommersiële boerderye wat verseker dat daar steeds kos op verbruikers se tafels is,” sê Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder.

TLU SA doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om ons land se boere te ondersteun en ‘n finansiële bydrae te maak aan TLU SA se Traumafonds.

TLU SA se Traumafonds is veeldoelig en word soos volg aangewend:

  • Verskaffing van bystand aan kommersiële boere in droogtegeteisterde streke;
  • Beradingsdienste aan slagoffers en naasbestaandes van geweldsmisdade op plase en landbouhoewes;
  • Noodleniging in kritiese en uitsonderlike gevalle waar die broodwinner gesterf het of gehospitaliseer is en daar geen ander geredelike bron van inkomste of hulpverlening bestaan om onmiddellike behoeftes soos voedsel, akkommodasie en stabiliserende mediese dienste te voorsien nie;
  • Verskaffing van landbou noodleniging aan behoeftige boere;
  • Sosio-ekonomiese opheffingsprojekte;
  • Gemeenskapsontwikkeling vir arm en behoeftige persone in landbou wat insluit:
    • Gemeenskapsprojekte vir kapasiteitsontwikkeling, opheffing en vaardigheidsontwikkeling;
    • Opleidingsprojekte en ondersteuning van gemeenskapsprojekte;
    • Verskaffing van opleiding en ondersteuning aan opkomende mikro-besighede in landbou;
  • Landbouopheffingsprojekte;
  • Opleiding van beraders en opkomende boere in landbou verwante aktiwiteite;
  • Betrokkenheid in die bewaring en rehabilitasie van natuurlike hulpbronne;
  • Hulp aan boere wat deur rampe getref is.

Kom ons staan saam en ondersteun een van Suid-Afrika se grootste bates, ons kommersiële boere, deur hierdie skakel te volg: https://www.tlu.co.za/droogte/

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.