James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA ondersteun Sakeliga-optrede teen Eskom

TLU SA se ondersteuning aan Sakeliga se aanmaning aan Eskom om die toepassing van onwettige lasvermindering, oftewel strafkrag, stop te sit, berus onder meer daarop dat dit oneties is om boere te weerhou om kos te produseer.

Sakeliga werk saam met TLU SA en Agri Noord-Wes om in belang van geaffekteerde lede van die drie organisasies in Noordwes en Limpopo, die onwettige implementering van lasvermindering stop te sit. Die geaffekteerde lede is meestal boere en klein besighede in landelike gebiede.

Lasvermindering, wat onderskei moet word van die nasionale beurtkragprogram, is ’n onlangse praktyk waarmee Eskom elektrisiteitstoevoer op geteikende toevoerlyne vir ure aaneen heeltemal staak. Die rede hiervoor is oënskynlik om te verhoed dat die netwerk in hoë-digtheidgebiede, waar daar talle onwettige aansluitings is, oorlaai word en skade aan netwerkinfrastruktuur aangerig word.

Alhoewel die Wet op Regulering van Elektrisiteit voorsiening maak vir ’n vorm van lasvermindering, mag dit nooit ’n volledige staking van elektrisiteitstoevoer behels nie maar slegs ’n gepaste vermindering in lasgrootte. Gebruikers moet ook deeglik vooraf in kennis gestel word.

“Ons ondersteuning vir Sakeliga se saak is op vier bene gegrond. Eerstens lasvermindering in die huidige formaat is ongrondwetlik omdat dit diskrimineer. Dit is ook oneties omdat dit boere weerhou om kos te produseer. Dan is dit in stryd met verbruikers se kontrak met Eskom: Ons betaal Eskom, maar hy lewer nie sy diens nie. Laastens is daar geen beloning vir gebruikers wat betaal het ten spyte van beurtkrag waartydens ons bly betaal het nie,” sê mnr. Mauritz Lombard, TLU SA Bestuurder: Beleidsake.

“Die situasie is totaal en al onbillik. Die impak op ’n boer – ongeag waarmee hy/sy boer – is wesenlik en omvangryk. Hier is ’n onmiddellike verlies aan produksie as die boer nie sy/haar besproeiings-siklusse kan voltooi nie. Dan verloor die boer ook nog die water wat toegedeel is en waarvoor betaal is, wat nie gebruik kan word nie. Die koue-ketting word gebreek. Voedsel is sensitief vir temperatuur-veranderinge. Dit is nie asof boere reeds gebuk gaan onder die reuse-insetkostes nie,” sê mnr. Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder.

Mev. Erika Helm, Voorsitter: TLU SA Plaaslike Regering, voeg by: “Eskom is besig om sy verantwoordelikheid na die verbruiker te verskuif. Dit is die verskaffer (Eskom) se plig om toe te sien wie is die verbruikers wat sy produk gebruik en dat daar teen die ooreengekome tarief daarvoor betaal word. In die opsig verwaarloos Eskom sy verantwoordelikheid deur die onskuldige party te laat boet vir sy nalatigheid.”

Sy gaan verder deur te sê Eskom wil weereens ’n verhoging toepas sodat die pligsgetroue wetsgehoorsame burgers nog meer moet opdok vir die lewering van die diens terwyl die plundery van krag onverpoos voortgaan sonder enige ingryping of regstelling.

“Dit is die grootste mate van uitbuiting van die land se inwoners deur Eskom wat nie sy plig teenoor sy verbruikers nakom om te sorg dat sy diens behoorlik gelewer word aan betalende kliënte nie, en in werklikheid ondersteun hulle dan die onwettige plundery van krag deur nie-betalers.”

Sakeliga eis in die aanmaningskrywe dat Eskom binne 10 dae skriftelik onderneem om alle voorgenome oudits op geïdentifiseerde toevoerlyne binne drie maande af te handel. Eskom moet ook binne 10 dae onderneem dat strafkrag onmiddellik gestaak sal word en dat hangende die afhandeling van die oudits, lasvermindering slegs volgens wetlike voorskrifte geïmplementeer sal word. In besonder mag lasvermindering nooit ’n werklike staking van elektrisiteitstoevoer behels nie.

By gebreke van dienooreenkomstige ondernemings van Eskom, sal Sakeliga die Hooggeregshof in Pretoria nader vir gepaste regshulp.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA ondersteun Sakeliga-optrede teen Eskom

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.