James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Mediaverklaring: TLU SA stel nuwe beeld bekend – Bevestig toekomsplanne en visie

‘Vooruitgang is onmoontlik sonder verandering, en die wat nie hulle idees kan verander nie, kan niks verander nie – George Bernard Shaw’

TLU SA het vandag die eerste stap geneem om ‘n nuwe, bevestigende aanslag tot vooruitgang in die landboubedryf te neem.

Die organisasie bied reeds sedert September 1897 ‘n vesting vir Suid-Afrika se kommersiële boere. Van die begin af was die uitgangspunt altyd om sterk standpunt in te neem namens die boer, ongeag die regering of ander rolspelers se agendas.

“Ons is trots daarop dat ons steeds die enigste landbouorganisasie is wat uit die boer, vir die boer optree om die boer se belange te dien,” sê Mnr Louis Meintjes, die President van TLU SA. “Ons erken ook allereers dat die Goddelike seën onontbeerlik is in alle ondernemings van individuele boere en die landboubedryf in die algemeen.

“Dié twee standpunte is ons grondbeginsels waaroor ons nooit sal onderhandel nie.”

Met vooruitgang is daar egter dinge wat noodwendig verander en dit is ook so in die landboubedryf. Tegnologie het die landskap en manier van boer heeltemal verander. TLU SA is voortdurend besig om die nuutste metodes, hulpmiddels en vaardigheid oor landboutegnologie aan ons lede bekend te stel.

Tegnologie het ook die manier van kommunikeer heeltemal verander. Met ‘n groeiende belangstelling van veral jonger boere en ondersteuners wat nie boere is nie, in TLU SA, is besluit om die handelsmerk en aanslag te vernuwe en ‘n groter digitale teenwoordigheid te skep deur middel van ‘n nuwe, gebruikersvriendelike webwerf en deelname op die grootste sosiale media platforms. Dit word vandag bekendgestel.

Verder het die beleid en wetgewing in ‘n veranderde Suid-Afrika ‘n direkte invloed op landbou en boere. Dit is veral uitdagings rondom verantwoordelike ekonomiese beginsels, die veiligheid van boere en die reg tot privaat besitreg, wat nou op die voorgrond is en waaraan TLU SA aandag gee.

“Dit is vir ons kommerwekkend dat die rolspelers in die landboubedryf die ANC-regering se koers, van privaat besitreg en ‘n vryemarkstelsel na sosialisme en kommunisme – wat baie duidelik in die Vryheidsmanifes, die Nasionale Demokratiese Revolusie en die Strategie- en Taktiek-dokument uitgespel word – nie goedkeur nie, maar tog gedwee daarmee saambeweeg,” sê Meintjes. “TLU SA is eerlik oor hierdie aanslag en die invloed wat dit op landbou en boere het en sal hê.”

TLU SA is van mening dat hierdie koers reggestel kan word, tot die voordeel van landbou, Suid-Afrika, en uiteindelik die hele bevolking, deur die volgende stappe:

  1. Behou ons geloof;
  2. Wees eerlik oor die rigting waarin die ANC beweeg en die resultate wat dit sal meebring;
  3. Staan vas by die beginsels wat Suid-Afrika kan red: privaat besitreg en die vryemarkstelsel;
  4. Kommunikeer suiwer rondom dit wat reg is deur nie bloot ANC-besluite na te praat nie;
  5. Waak daarteen om bloot dit wat verkeerd is, te probeer bestuur;
  6. Doen deeglike navorsing oor veiligheid, ekonomiese volhoubaarheid, eiendomsreg en watersake; en
  7. Werk positief aan dit wat die beleggersvertroue in Suid-Afrika volhoubaar kan herstel.

“Ons glo die waardeketting van rolspelers en insetverskaffers tot by boere en die verbruiker,  het genoeg wringkrag om die koers van kortsigtige radikale transformasie terug na die ekonomie te verander,” verduidelik Meintjes. “Dit beteken egter dat hierdie rolspelers moet opstaan en TLU SA se beginsels moet ondersteun.

“Ons doel bly altyd om kommersiële boere veilig en volhoubaar op hulle plase te hou.”

Kategorie:

Deel dit:

Mediaverklaring: TLU SA stel nuwe beeld bekend – Bevestig toekomsplanne en visie

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.