James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Nuus uit die Sentraalstreek: Julie 2019

Gauteng Dieregesondheid Forum

Die vergadering is geskeduleer vir 30 Julie 2019.  Navrae kan gestuur word na sentraal@tlu.co.za.

Gauteng RPO en Veediefstal Forum vergadering

Die vergadering is geskeduleer vir 27 Augustus  2019. Navrae kan gestuur word na sentraal@tlu.co.za.

Sanddrift Landboufees 6 to 8 September 2019

Die Sanddrift Landboufees op die terrein van Laerskool Sanddrift is ons eie omgewing se fees gefokus op Landbou en die Boere-gemeenskap van Brits, Sanddrift, Beestekraal en Atlanta. Nie net word die skole en sport betrek nie, maar ook talle Landbou-uitstallings, sprekers en puik diere geskou. Die President van TLU SA, Louis Meintjes is ook een van die sprekers. Skakel 082 739 9304 met enige navrae.

Gauteng Veediefstal Forum

Daar is onlangs versoek dat vee-eienaars met DAFF in aanraking moet kom ten einde inligting rakende hul geregistreerde brandmerk na te gaan en op te dateer. Indien dit nog nie gedoen is nie, word versoek dat u asb so spoedig doenlik die onderstaande inligting vir Sanet deurgee by 012-319 7433 of SanetC@daff.gov.za.

  1. Id nommer
  2. Volle name en van
  3. Provinsie
  4. Landdrosdistrik
  5. Plaasnaam
  6. Posadres
  7. Selfoonnommer

As jy die eienaar van die brandmerk is – indien jou ID nommer gebruik is vir die registrasie – sal die kontakbesonderhede gratis opdateer word as dit bevestig is dat jy die eienaar van die brandmerk is. Indien jy ‘n ou familie-brandmerk gebruik, sal jy moet herregistreer en R150 betaal om jou brandmerk te behou. Bewyse en dokumente sal dan ook ingedien moet word.

TLU SA ledegeld

‘n Vriendelike herinnering dat die nuwe boekjaar se ledegeld einde Julie 2019 betaalbaar is. Byvoorbaat dankie aan elke lid en vriend van TLU SA vir julle ondersteuning.

Deel dit:

Nuus uit die Sentraalstreek: Julie 2019

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.