James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA bied 20-punt plan vir Suid-Afrika voor Staatsrede

TLU SA het op die vooraand van die 2020 Staatsrede besin oor watter planne – vanuit ‘n landbouperspektief – gedurende 2020 in die beste belang van Suid-Afrika se inwoners sal wees. Met dit in gedagte het TLU SA ‘n 20-punt plan saamgestel wat ‘n verantwoordelike regering kan implementeer om die land weer vooruitstrewend te maak.

TLU SA se 20-punt Plan vir Suid-Afrika 2020:

  1. Werf en vestig nuwe kommersiële toetreders tot landbou, onder die ouderdom van 45 jaar oud;
  2. Skep nuwe landbou-werksgeleenthede;
  3. Vestig sindikaat- en ander boerderymodelle waar kundigheid en kapasiteit saamgevoeg en/of aangewend word ter wille van groter winsgewendheid;
  4. Herstel wet en orde sodat boere hulle maksimale aandag en kundigheid kan aanwend vir boerdery;
  5. Implementeer ‘n volledige vryemarkstelsel waarvan eiendomsreg die kern vorm;
  6. Implementeer ‘n behoorlike ondersteunende rampbestuurplan tot die voordeel van alle boere in Suid-Afrika;
  7. Gee landbouers onbelemmerde toegang tot internasionale markte, ten einde noodsaaklike valuta vir die land te verdien;
  8. Erken landbou sonder voorbehoud as ‘n noodsaaklike deel van die ekonomie, deur landbou nie ‘n speelbal vir partypolitieke gewin of internasionaal uitgediende ideologieë te maak nie;
  9. Verbeter infrastruktuur sodanig dat landbouers hulle produkte effektief by markte kan kry, hetsy padlangs of spoor;
  10. Staak die gedwonge, ongedefinieerde en nimmereindigende transformasie, insluitend die sonsondergang van die diskriminerende stelsel van gedwonge swart ekonomiese bemagtiging en sogenaamde regstellende aksie;
  11. Herstel die beleggersvertroue plaaslik en internasionaal sodanig dat boere geen probleem sal hê om finansiering te kry by enige erkende finansiële instelling nie;
  12. Verbeter regeringsinstellings sodat landbou kan reken op die steun van funksionele plaaslike owerhede en staatsdepartemente, wat gekenmerk word deur bekwame en korrupsievrye amptenare, ongeag hulle ras of geslag;
  13. Skep ’n effektiewe waardeketting waarin alle rolspelers deel van landbou se risiko dra, soos hulle ook deel in die verhoogde wins;
  14. Beskerm en bestuur waterbronne so, dat voldoende bruikbare water tot landbou se beskikking sal wees ter wille van voedselsekerheid, met verhoogde opgaar-kapasiteit en geen besoedeling nie;
  15. Verander die regulering van arbeid ten einde maksimale indiensneming moontlik te maak teen ’n wedersyds-ooreengekome loon, waarin kwaliteit-opleiding hoogs bekostigbaar beskikbaar sal wees en waar arbeiders hulle maksimale produksie sal lewer;
  16. Herstel die ekonomie en dienslewering in die landelike omgewing, sodat skole, besighede en kerke weer ’n diens aan die hele landelike gemeenskap kan lewer;
  17. Implementeer effektiewe grensbeheer, wat Vito-sanitêre asook onwettige immigrante beheer en bestuur, om veiligheid sodoende te verbeter en daar minder druk is op binnelandse hulpbronne soos voedsel, water en behuising;
  18. Skep ‘n betroubare en bekostigbare kragvoorsiener, ongeag of dit staats- of privaat ondersteun word;
  19. Belê in moedertaalonderrig op skool- en tersiêre vlak; en
  20. Beheer verstedeliking sodat boere in die direkte omgewing daarvan nie benadeel word nie.

“Terugskouend het die ANC-regering baie swak gevaar met die hou van hulle beloftes van verlede jaar en ook die jare voor dit,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Die drome van die ANC vir Suid-Afrika het inderdaad vir die land in ‘n nagmerrie ontaard.”

“TLU SA is nie in die posisie om die staatsmiddele aan te wend in belang van die inwoners van die land nie, maar die regering is in daardie posisie,” sê mnr. Meintjes. “Die bal is in u hande mnr. Ramaphosa. Die ekonomie wag om te kyk hoe die spel gaan afloop.

“Maar, om voort te gaan op die reeds bewese mislukte ideologiese pad sal armoede en werkloosheid net verder laat styg. U nalatenskap is op koers na iets waarop niemand trots kan wees nie. Doen die regte dinge en u mag dalk verbaas wees oor die sukses.”

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA bied 20-punt plan vir Suid-Afrika voor Staatsrede

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.