James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Grietjie van 445 kg kraai koning by Goliat van Gat Pampoenfees

Die Goliat van Gat Pampoenfees, aangebied deur die Cullinan Boere-unie geaffilieer by TLU SA, het op Saterdag, 15 Maart 2025, weer indrukwekkende bieliepampoene opgelewer. Die wenner vanjaar was Cornelis Bester met sy pampoen, Grietjie, wat ’n gewig van 445 kg gehad het.

In die tweede plek het Lee-Ann van Zyl geëindig met haar pampoen van 360 kg, terwyl Jacky Smal en haar pampoen van 185 kg die derde plek behaal het.

Dit was ’n gesellige dag vol lekker eetgoed, iets te drinke en hope pret vir almal wat die groot pampoene kom bewonder het. Die pampoengeregkompetisie was ook ’n sukses, met Ritha Combrink wat as wenner uit die stryd getree het met haar heerlike pampoensopgereg. Die eerste vyf wenners van die pampoengeregkompetisie het elk ’n kookklasprys gewen by Steyns Culinary School in Hatfield, Pretoria.

Die pampoendra-kompetisie het gesorg vir ’n paar swaar oomblikke toe deelnemers hulle bes gedoen het om die groot pampoene rond te dra, en die pitspoegkompetisie het die spoeg laat spat!

Die dag is afgesluit met die oorhandiging van pryse aan die wenners. 

“Ons wil graag dankie sê aan ons borge; Uitkyk Vleismark, Protek, Afgri en Obaro wat dit moontlik maak om die Pampoenfees aan te bied,” sê Henri Combrink, organiseerder van die Pampoenfees.”Die Goliat van Gat Pampoenfees het weereens gewys waarom dit so ’n gewilde gebeurtenis op die kalender is!”

Kategorie:

Deel dit:

Grietjie van 445 kg kraai koning by Goliat van Gat Pampoenfees

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.