James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA Jongboer van die Jaar 2025: Is jy gereed om jou merk te maak?

Die soektog na Suid-Afrika se voorste jong boer begin weer! TLU SA nooi alle jong boere uit om in te skryf vir die 2025 Jongboer van die Jaar-kompetisie, waar die land se mees toegewyde en vooruitdenkende boere meeding vir ongelooflike pryse – insluitend ‘n dubbelkajuit 4×4-bakkie en ‘n internasionale landbou-ervaring.

Vanjaar se kompetisie volg op ‘n uitmuntende 2024, waar varkboer Wian Süllwald as wenner gekroon is. Met 10 finaliste van regoor Suid-Afrika was dit ‘n inspirerende kompetisie van jong talent, innovasie en vasberadenheid in die landbousektor. Ons sien met groot afwagting uit na watter talentvolle jong boer hierdie jaar die kroon sal dra.

Wat maak hierdie kompetisie besonders?

Die TLU SA Jongboerkompetisie is nie net ‘n titel nie – dit is ‘n platform waar jong boere se kennis, bestuursvernuf en passie vir die landboubedryf getoets word. Deelnemers word beoordeel op finansiële- en risikobestuur, infrastruktuur, meganisasie en tegnologie, produksiepraktyke en hul betrokkenheid in die gemeenskap. Boonop moet die wenner ‘n dinamiese ambassadeur vir TLU SA kan wees en ‘n stem vir die jong boere van Suid-Afrika.

“Hierdie kompetisie gaan nie oor die grootte van jou plaas of jou familiegeskiedenis in boerdery nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Dit gaan oor jou bydrae, jou innovasie en hoe jy ‘n verskil maak in die landbousektor. Dit is ‘n kans om jou boerderyvaardighede te slyp, nuwe insigte te kry en uiteindelik jou loopbaan na ‘n nuwe vlak te neem.”

Wie kan inskryf?

Alle jong boere wat lede van TLU SA is, kan inskryf. As jy nog nie ‘n lid is nie – geen probleem! Jou inskrywing vir die kompetisie bied jou outomaties die geleentheid om ‘n lid te word en deel te wees van ‘n netwerk van toegewyde boere wat Suid-Afrika se landbou toekoms bou.

Die kompetisieproses:

TLU SA se streke speel ‘n sleutelrol in die evaluering van inskrywings op provinsiale vlak. Elke streek moet die inskrywings in hul gebied evalueer en drie finaliste (soms meer of minder) nomineer om op nasionale vlak mee te ding. Indien daar egter byvoorbeeld vyf uitstaande jong boere is wat aan die vereistes voldoen, kan TLU SA hoofkantoor besluit om al vyf uit een provinsie te besoek. Dit is belangrik om te verstaan dat nie elke inskrywing noodwendig op nasionale vlak besoek word nie, maar dat elke inskrywing wél deur die streek geassesseer word. Dit kan beteken dat sommige streke meer finaliste as ander kan hê wat uiteindelik deur die nasionale beoordelaars besoek word.

Die beoordelaars besoek elke deelnemer se plaas en evalueer hul boerderypraktyke volgens ‘n objektiewe puntestelsel. Die finale besluit word geneem ná ‘n deeglike besprekingsproses om seker te maak dat die mees verdienstelike jong boer bekroon word.

Die kompetisie bied wel die kans om wonderlike pryse te wen, maar ook ‘n geleentheid vir jong boere om hul vaardighede te slyp en waardevolle netwerke te bou. Moenie hierdie kans misloop om jouself te meet teen die beste van die beste nie.

KLIK HIER OM IN TE SKRYF.

Sluitingsdatum: 20 Junie 2025

Vir inskrywings en navrae, kontak info@tlu.co.za of skakel 012 804 8031.

TLU SA moedig jong boere regoor die land aan om hierdie geleentheid aan te gryp. Dit is tyd om te wys wat jy werd is en ‘n toekoms vir jouself in die landbou te bou. Skryf nou in!

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA Jongboer van die Jaar 2025: Is jy gereed om jou merk te maak?

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.