James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Waar belê ek my geld in 2022?

Daar is so baie menings en opsies as dit by beleggings kom dat die gemiddelde persoon verlore voel en nie weet wat om te doen nie. Dié gebrek aan kennis en inligting, of dan eerder die oormaat opsies, veroorsaak dat baie mense hulle kontant net in die bank los…wat beslis nie ’n positiewe opbrengs gaan realiseer nie.

Die huidige rentekoerse is die laagste in byna 50 jaar, daar word geleidelike verhogings in die rentekoerse verwag, wat opbrengste dus laer as inflasie dwing.

In Suid-Afrika sit ons met ’n krimpende ekonomie, en die JSE is besig om teen ’n geweldige tempo te krimp. In 2000 was daar meer as 600 maatskappye op die Beurs, nou in 2022 is daar net meer as 300. Die poel van opsies raak dus baie klein.

Internasionaal is daar ook uitdagings in die ekonomie, en baie mense voel dat hulle nie weet hoe om buitelandse beleggings te benader en te doen nie.

Wat belangrik is in terme van beleggingsbesluite is om die kapitaal blootstelling te bied aan ’n verskeidenheid maatskappye, oor verskeie vastelande en verskillende sektore. 

Die spesifieke belegging horison speel uiteraard ook ’n kardinale rol in die besluite wat geneem moet word ten opsigte van die beskikbare kapitaal. 

Ons leef in ’n gereeld veranderende wêreld, ook wat beleggings betref.

In hierdie veranderende wêreld verskyn neigings wat beleggings globaal verander en vereis dat die hedendaagse belegger ook sy/haar ingesteldheid jeens beleggings moet aanpas.

Ons moet eerlik met mekaar wees, deur bloot jou geld by ’n bank of in ou geykte fondse in die plaaslike mark te belê, gaan nie die nodige welvaart vir die toekoms skep nie. 

Meer as 50% van die S&P 500 maatskappye is op risiko dat hul besigheid ontwrig gaan word weens verskeie redes.

Die identifisering en investering in die maatskappye wat hierdie ontwrigting gaan veroorsaak, bied goeie geleenthede aangesien hierdie maatskappye die volgende groot rolspelers in die wêreld ekonomie gaan wees.

Vier mega-neigings in besonder, is wêreldwyd identifiseer as makro ekonomiese kragte wat die wêreld in die toekoms fundamenteel gaan vorm.

Dit sluit van die samelewing se grootste uitdagings en geleenthede in. Beleggings keuses en besluite moet langtermyn gefokus wees met goeie potensiële groei oor die volgende dekades.

Verder moet dit gebaseer word op:

  • Die behoeftes van die samelewing ontgin;
  • Onafhanklik van die normale neigings wees;
  • Globaal strategies geposisioneer wees;
  • Diepgaande blootstelling in elke spesifieke sektor bied;
  • Blootstelling aan verskillende maatskappye volgens elkeen se unieke geleenthede en kundigheid;
  • Die bied van beter opbrengste deur uitgesoekte maatskappye.

Ons word gekonfronteer met die vraag: “Hoe gaan dinge verander in die toekoms?” Ons moet wegbreek van die tradisionele denke en aanpas by die vinnig en aanhoudende verandering van die beleggings landskap.

Ons moet dus deurentyd in ’n posisie wees om te deel in die groei geleenthede.

Die belegging moet dus kapitaliseer op die kragte van die enorme hoeveelheid geld wat die neigings gaan aandryf in die onderskeie sektore gedurende die volgende dekades.

Die vier globale (Mega) neigings betrokke is uiters komplimenterend en gefokus op langtermyn sekulêre groei.

Die vier MEGA-NEIGINGS wat die beleggings omgewing herdefinieer is:

  1. Tegnologiese vooruitgang.
  2. Omgewing volhoubaarheid.
  3. Toekomstige gesondheidsorg.
  4. Nuwe-Era denke. 

Hier by TLU SA se Finansiële Welstandlessenaar bied ons graag die inligting aan TLU SA lede en vriende om dan ingeligte beleggingsbesluite te kan neem.

In die volgende vier uitgawes sal ons fokus op elkeen van hierdie neigings en verdere duidelikheid gee oor die omvang en geleenthede van elke neiging.

 

Kobus Oberholster

TLU SA Finansiële Welstandlessenaar

082 330 8607

kobus@attooh.co.za

 

 

 

Foto maitree rimthongPexels

Kategorie:

Deel dit:

Waar belê ek my geld in 2022?