James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Wat behels “onbenutte” grond, vra TLU SA

TLU SA neem kennis van die ANC se legotla idee van belasting op onbenutte grond – as manier om meer grond vir sy transformasie agenda beskikbaar te kry – maar doen daarmee saam ’n beroep op die ANC om te verduidelik wat hy met onbenutte grond bedoel.

“Verwys die ANC dalk na die grond wat hy ingevolge sy grondoordragprogramme erken 95% het uit produksie gegaan? Wanneer ’n boer in ’n wisselbouprogram bepaalde kampe laat rus, is dit ver verwyder van onbenut en is daar ’n wetenskaplike volhoubaarheid daar ingebou,” verduidelik mnr. Henry Geldenhuys, TLU SA President

“Om grond uit te deel is van geen waarde as dit nie die ander produksiefaktore in ’n bepaalde sinergie in ag neem nie. Grond op sy eie is nie welvaart nie, maar kan indien ’n ondernemer (boer) dit met kundigheid bestuur saam met die ander faktore in ’n dinamiese produksieproses om winsgewend te kan wees het die kans om welvaart te skep.”

Mnr. Geldenhuys voeg by: “Die ANC moet besluit of hy voedselsekerheid in die land wil hê of nie. Met sy beleid is hy besig om ons land se voedselproduksie onder verkeerde soort druk te plaas. Hierdie benadering om grond in die hande te probeer kry, kan hoogstens gesien word as ’n stemwerwery. Deur die jare het TLU SA en ook andere by herhaling ekonomies gerigte voorstelle gemaak oor hoe nuwe toetreders wel kan toetree tot die landbou-omgewing en die kans op sukses kan hê mits hulle natuurlik die verantwoordelikheid wat dit verg om te kan boer sal aanvaar.”

Mnr. Geldenhuys vra verder die vraag oor wat nog verduidelik moet word oor hoe werk die ekonomie en die enigste meganisme wat bepaal of daar ekonomiese sukses is al dan nie, naamlik die markkrag-beginsels.

“Kom ons probeer weer. Die entrepreneur of ondernemer as een van die produksiefaktore is die persoon wat die risiko neem om met sy of haar toepaslike kennis die ander produksiefaktore naamlik grondstowwe, kapitaal en arbeid saam te voeg in ’n besigheid. Met die snelle ontwikkeling van tegnologie en meganisasie sou dit as ’n vyfde produksiefaktor gesien kan word ook in die sin dat dit arbeid kan vervang. Iets wat die vakbonde dalk van moet kennis neem.

“Dit is dalk nodig vir die ANC om te leer hoe om mense te voed met ’n ideologie, want op sy werkswyse van kader-ontplooiing, selfverryking en byna geen ekonomiese uitkomste nie sal dit dalk al wees wat mettertyd gaan oorbly om mense kos te gee,” het mnr. Geldenhuys gewaarsku.

Kategorie:

Deel dit:

Wat behels “onbenutte” grond, vra TLU SA

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.