Landbou is onder druk en is dit in baie gevalle vir die individuele boer moeilik om alleen die kloutjie by die oor uit te bring. Dit is derhalwe baie belangrik om juis in die tye in te skakel by die plaaslike boerevereniging en mekaar te onderskraag.
Die besture behoort baie moeite te doen om juis die vergaderings die moeite werd te maak. TLU SA is toekomsgerig en streef na volhoubare hoop, maar realistiese hoop. Kom ons dra ons organisasie en dit waarvoor ons staan positief uit in ons gemeenskappe.
Ons neem gereeld kennis van vindingryke inisiatiewe soos Kragdag, Sandrift Landboufees, Suikerbosrand se ekspo, Balfour se Hooidag, Cullinan se pampoenkompetisie en vele ander. Doen gerus so voort.