Beskerm landbougrond teen vernietigende mynbou-aktiwiteite, vra TLU SA

(Fotokrediet: Canva)

TLU SA neem met groot kommer kennis van die toenemende aantal mynbouaansoeke wat op landbougrond gerig is. Hierdie situasie vereis onmiddellike aandag van die regering om die negatiewe impak op die omgewing en die landbousektor te voorkom.

In Julie 2021 het President Cyril Ramaphosa die Presidensiële Klimaatkommissie in werking gestel, met die doel om die regering te adviseer oor die pad na ‘n laekoolstof-ekonomie en ‘n klimaatbestande samelewing. Hierdie kommissie is ‘n gevolg van die Parys-ooreenkoms, wat onder Suid-Afrika se leierskap by COP17 ontwikkel is. Die Parys-ooreenkoms is Suid-Afrika se verbintenis om klimaatsverandering aan te spreek. 

Een van die voorstelle van die kommissie was om emissies te verlaag deur steenkoolkragstasies te ontmantel en die investering in hernubare energie te verhoog. Die regering se aanvaarding van nuwe steenkoolmynbouaansoeke is in stryd met hierdie verbintenis en bedreig die land se voedselproduksie en kleinboere.

Die Grondwet beskerm elkeen se reg op ‘n omgewing wat nie skadelik is vir hul gesondheid nie. Gevallestudies regoor die wêreld toon hoe mynbou die toestande vernietig wat noodsaaklik is vir ‘n gesonde en produktiewe landbou. Gemeenskappe getuig van veevrektes, grondbesoedeling, suur waterbronne, verwoesting van landbougrond en gedwonge verskuiwings. Werkskeppingsbeloftes deur mynbouprojekte is dikwels oordrewe en kortstondig, met die voordele wat net ‘n klein groepie bevoordeel. Die uitwerking van mynbou strek verder as net die mynterrein, met langtermyn besoedeling wat gebiede en gemeenskappe bly teister.

In die hofsaak van Baleni en Andere v Regional Manager Eastern Cape Department of Mineral Resources op 11 September 2020, is bevestig dat gemeenskappe die reg het om “nee” te sê vir voorgestelde mynbouprojekte wat hul belange bedreig. Die hof het beslis dat mynbouregte nie toegestaan kan word sonder die volle en ingeligte toestemming van die gemeenskap nie. Die regering moet ag slaan op die stem van inwoners waar ontwikkeling nie tot voordeel van die gemeenskap is nie. Mense kan nie steenkool eet nie, en landbougrond is noodsaaklik vir voedselproduksie.

Gedurende Desember 2020 het die departement van landbou, hervorming en landelike ontwikkeling die wetsontwerp op die bewaring en ontwikkeling van landbougrond ingestel. Hierdie wetsontwerp beoog om landbougrond teen nie-landbougebruik te beskerm en die bewaring van hoë potensiaal landbougrond te verseker. TLU SA doen ‘n beroep op die minister van landbou, John Steenhuisen, om dringend landbougrond as beskermde areas te verklaar om dit teen vernietigende mynbouaansoeke te verskans.

LEES OOK: TLU SA se Handves vir die Beskerming van Privaat Eiendomsreg

TLU SA vra die regering om onmiddellik op te tree teen onwettige mynbouaktiwiteite wat die omgewing en hulpbronne van die land vernietig. Herhaalde versoeke en klagtes aan die departement van minerale sake, departement van omgewingsake, departement van water en sanitasie, en die Groen Skerpioene het min tot geen positiewe reaksie gelewer nie. Afrika ly reeds onder hongersnood, en regerings gaan steeds roekeloos om met hulpbronne. 

Die departement van minerale sake keur tans aansoeke goed wat net aan minimum vereistes voldoen. Daar moet met groter oorleg en verantwoordelikheid na aansoeke gekyk word. Die regering moet transformasie en bevoordeling van minderbevoorregtes opsy skuif en die belange van die land en sy inwoners prioritiseer.

‘n Nasionale SAPD-taakspan is reeds aangestel om onwettige mynbedrywighede te ondersoek, wat die omvang van die probleem bevestig. 

TLU SA bly toegewyd aan die bewaring van ons landbougrond en die beskerming van ons gemeenskappe teen die skadelike impak van onbeheerste mynbou.

 

VIR MEDIANAVRAE: 

Erika Helm

079 699 6032

 

Volg TLU SA op Facebook.

Kategorie:

Deel dit:

Beskerm landbougrond teen vernietigende mynbou-aktiwiteite, vra TLU SA

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.